Fishcor sonder topbestuur

Ruth Herunga hou tydelik ‘toesig’

07 April 2021 | Visserye
Ronelle Rademeyer – Die tydelike direksie van Fishcor het een van sy direksielede, me. Ruth Herunga, na Lüderitz gestuur as tydelike toesighouer van dié beleërde vismaatskappy nadat nog ’n senior bestuurder gister bedank het en die maatskappy in ’n ongeëwenaarde bestuurskrisis gedompel het.
Mnr. Paulus Ngalangi, finansiële hoofbeampte van Fishcor en die laaste oorblywende lid van die topbestuur, het kort voor middagtyd sy bedanking ingedien.
Mnr. Mihe Gaomab II, voorsitter van Fishcor, sê sy bedanking was met onmiddellike effek van krag.
Die maatskappysekretaris, me. Josefina Nekongo, het ook vroeër bedank en haar kennisgewingmaand het einde Maart verstryk. Die operasionele bestuurder, mnr. Inocencio Verde, het verlede jaar bedank.
Fishcor was die episentrum van die Fishrot-korrupsiebom wat in November 2019 gebars en tot die inhegtenisneming van die vorige direksievoorsitter, mnr. James Hatuikulipi, en die hoof uitvoerende beampte, mnr. Mike Nghipunya, gelei het.
Mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings, het intussen gister by navraag gerugte in die wandelgange van die visbedryf dat Fishcor gelikwideer gaan word, ontken.
Gaomab het laat gister in ’n verklaring gesê die tydelike direksie is die afgelope maande met talle uitdagings gekonfronteer. Dit sluit in die bevriesing van Fishcor se bankrekenings deur die Bank of Namibia en die gepaardgaande finansiële beperkings wat dit gebring het, gevolg deur Nekongo en Ngalangi se bedankings.
Dit is benewens die regsgeding waarin Fishcor met sy filiaal op Walvisbaai, Seaflower Pelagic Processing (SPP), gewikkel is, sê hy.
“Die direksie is steeds daartoe verbind om die volhoubaarheid en stabiliteit van die maatskappy vorentoe te verseker. Daarom is besluit om ’n tussentydse pos vir me. Ruth Herunga te skep sodat sy daagliks kan aandag gee aan dringende sake by die Seaflower Whitefish Corporation op Lüderitz.”
Benewens sy aandele in SPP, besit Fishcor 100% van die aandele in Seaflower Lobster Corporation en 78% in Seaflower WhiteFish Corporation op Lüderitz.
Gaomab sê ’n nuwe bedryfsbestuurder is intussen aangestel en die pos van die sekretaris van die maatskappy is geadverteer.
“Verder het die direksie die psigometriese toetse van die kandidate vir die pos van hoof uitvoerende beampte afgehandel en ’n kortlys saamgestel. Ons beplan om teen volgende week onderhoude te voer en dan in ooreenstemming met die bestuursprosedure en die maatskappybeleid van Fishcor ’n uitvoerende hoof aan te beveel,” sê hy.
Volgens hom sal Herunga as tussentydse toesighouer die maatskappy bestuur tot dié aanstelling gemaak is. “As tydelike direksie gee ons ons volle samewerking aan die Sentrum vir Finansiële Intelligensie (FIC) en die Teenkorrupsiekommissie (ACC) en maak seker al die uitstaande en nodige inligting (vir hul ondersoeke) word verskaf – vandaar die dringende behoefte aan ’n toesighouer,” sê Gaomab.
[email protected]



FOTO
Me. Ruth Herunga. Foto Facebook

Soortgelyk

 

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

4 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

4 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

5 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

9 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

19 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

19 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

19 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...