Finse en Namibiese parlemente versterk vriendskapsbande

Die besoekende Finse speaker was vol lof vir Namibië en wil betrekkinge tussen die twee lande uitbrei.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Nouer samewerking tussen die parlemente van Finland en Namibië word in die vooruitsig gestel ná 'n uiters geslaagde besoek van 'n afvaardiging van die Finse ­parlement onder leiding van hul speaker, me. Maria Lohela.

Tydens die besoek het Lohela, vergesel van die Namibiese speaker, prof. Peter Katjavivi, die ­adjunkspeaker, me. Loide Kasingo, en die hoof­sweep, me. Evelyn !Nawases-Taeyele, 'n besoek aan Staatshuis gebring waar sy pres. Hage Geingob ontmoet het.

Sy het ook samesprekinge met die minister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, biskop Zephania Kameeta, die ­adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Maureen Hinda, die ­minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, die adjunkminister van hoër ­onderwys, dr. Becky Ndjoze-Ojo, en die ­Namibies-Finse parlementêre vriend­skapsgroep gevoer.

Tydens 'n nuuskonferensie na afloop van die besoek het Katjavivi gesê die besoekers en hul Namibiese gashere het die geleentheid gekry om oor sake van gemeenskaplike belang te praat. Dit was Lohela se eerste besoek aan Namibië. Daar is ook gepraat oor ­samewerking tussen die twee ­parlemente.

“Ek hoop die besoek sal die grondslag vir langtermynsamewerking lê met die onderskeie lande wat jare lank betrekkinge sal hê. Dit het begin met die koms van Finse sendelinge na Namibië in die 1870's.

“Dit was 'n uiters produktiewe besoek met baie interaksie met mense en instansies,” het Katjavivi gesê.

Tydens die besoek het een van die Finse parlementariërs, prof. Pekka Puska, die geleentheid gehad om ­visepresident, dr. Nickey Iyambo, te besoek. Hulle is ou vriende.

“Dit is 'n voorbeeld van die bande tussen die twee lande,” het ­Katjavivi gesê.

'n Noenmaal is ook tydens die besoek aangebied waar die Finse speaker die eregas was en gefokus is op die ­bemagtiging van vroue.

“Ons is baie dankbaar vir die vordering wat gemaak is en die Namibies-Finse vriendskapsgroep sal saam met die Fins-Namibiese vriendskapsgroep nou op die areas van samewerking fokus,” het Katjavivi bygevoeg.

ONDER BESPREKING

Van die onderwerpe wat tydens die besoek bespreek is, is die noodsaaklikheid om die impak van wetgewing te toets, die verbetering van inligtingkommunikasietegnologie wat 'n ­e-parlement en e-biblioteek insluit, die deel van metodiek oor hoe om die burgerlike samelewing en die private sektor nouer te betrek, asook die versterking van die doeltreffendheid van die jeugparlement en die versterking van die stemme van jong parlementariërs.

As voorbeeld het Katjavivi die jeugparlement in Namibië genoem, wat in Junie vergader en aktuele sake van die dag bespreek.

“Dit gee jongmense die geleentheid om te debatteer en om ondervinding van openbare redevoering op te doen,” het hy gesê.

Lohela het op haar beurt die ­Namibiese gashere bedank vir “'n wonderlike program en ­interessante gesprekke”.

“Ons kon nie glo hoe 'n warm en hartlike verwelkoming ons gekry het nie. Ons het gekom ten tyde van rou vir oudminister Rosalia ­Nghindinwa. Ons was diep geraak om deel van haar roudiens te wees. Dit het gewys hoe 'n noue gemeenskap Namibië is,” het sy gesê.

GOEIE BETREKKINGE

Sy het ook op die baie goeie betrekkinge tussen Finland en Namibië oor jare heen gewys.

“Saam met my kollegas in die Finse parlement wil ek seker maak hierdie goeie betrekkinge word gehandhaaf en dat die werk van vorige geslagte nie ongedaan gemaak word nie.

Mens-tot-mens kontak en ook ­instansie-tot-instansie kontak is noodsaaklik.

“Ek wil graag parlementêre betrekkinge versterk, maar ook op sake­gebied is daar geleenthede om saam te werk,” het sy gesê.

Die Finse afvaardiging was ook verheug oor die ontwikkeling wat sedert onafhanklikwording in Namibië plaasgevind het.

“Baie lande staar geweld en onstabiliteit in die gesig, maar hier in Namibië het ek stabiliteit en sekuriteit gevind en 'n hoë standaard van gelykheid, asook goeie dienste in die maatskaplike sektor.

“Ek was veral beïndruk met die klem wat op beroepsopleiding gelê word.

“Namibië het baie om toeriste te bied. Die land het 'n baie goeie reputasie in Finland waar mense 'n positiewe gesindheid jeens Namibië het," het Lohela gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042