Finland skenk Covid-benodighede
Finland skenk Covid-benodighede

Finland skenk Covid-benodighede

Ronelle Rademeyer
Die Finse regering het gereageer op Namibië se versoek aan lande in Europa vir noodleniging en 'n besending benodighede vir die stryd teen Covid-19 is deur die Europese Unie se burgerlike beskermingsmeganisme na Windhoek gestuur. Die vrag het Vrydag by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aangekom. Die skenking bestaan uit beskermende drag en -toerusting, asook spuitnaalde en depperstokkies vir Covid-19-toetse. Hier is die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, in die vragvliegtuig tussen die bokse voorraad. Foto Verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer