Finland help ontwikkelingsprojekte
Maria Eiseb - Die Finse ambassadeur, me. Anne Saloranta, en begunstigdes het onlangs by die ambassadeurswoning in Windhoek ondersteuningsooreenkomste van sowat N$4,3 miljoen onderteken.
Dié ondersteuning word aan plaaslike ontwikkelingsprojekte belowe.
Tydens die geleentheid het Saloranta gesê hulle fokus onderskeidelik op die ontwikkeling van “groen” ekonomie, die versterking van demokrasie en ook op die opbou van die gemeenskap.
Die skenkings sluit in N$1,45 miljoen aan die Omba Arts Trust, N$1,5 miljoen aan die Ombetja Yehinga Organisasie-trust (OYO) en N$1,4 miljoen aan die Namibia Media-trust (NMT).
Dr. Phillipe Talavera van OYO het gesê 'n tweefase-projek ter ondersteuning van San-meisies in die Omaheke- en Oshanastreek is reeds van stapel gestuur.
“Tydens die eerste fase wou ons uitvind watter probleme die San-kinders in skole ervaar,” het hy gesê.
Volgens Talavera sal daar in die tweede fase bepaal word waarom San-meisies nie hul skoolloopbane voltooi nie.
Gwen Lister, uitvoerende beampte van die Namibia Media Trust, het gesê die skenkings sal heelwat bydra tot die bevordering van kennis oor die gemeenskap.
Me. Karin le Roux van die Omba-trust het gesê 95% van die begunstigdes van dié trust is vroue en 60% van die vroue is uit die San-gemeenskap afkomstig. Juwele wat deur hulle gemaak word, word meestal na Finland uitgevoer.
“Met hierdie projek sal meer vroue aangestel word, het Le Roux gesê.
Volgens haar is Finland een van hul grootste kliënte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie