Finansies hou tenderaars dop
Finansies hou tenderaars dop

Finansies hou tenderaars dop

Andre le Roux
André le Roux - Die ministerie van finansies het maatskappye wat regeringstenders ontvang het en nie die volle inkomste verklaar wat daaruit verdien word nie, Woensdag gewaarsku dat regstappe teen hulle ingestel gaan word.
“Dit het, ná 'n voorlopige ondersoek in Desember, tot die aandag van binnelandse inkomste gekom dat sekere maatskappye wat regeringstenders, insluitende dié wat deur ondernemings in staatbesit, toegeken is, die inkomste nie ten volle verklaar of dit in die geheel uitlaat,” het mnr. Sam Shivute, kommissaris van binnelandse inkomste, gesê.
Volgens Shivute sal daar teen hierdie entiteite opgetree word deur boetes te hef en, in gepaste gevalle, regstappe te neem.
Die ministerie het algehele toesig oor die gebruik van staatsfinansies en geld wat vir tenders betaal word. Die permanente sekretaris van finansies, me. Ericah Shafuda, is die voorsitter van die tenderraad.
Maatskappye loop ook die risiko dat hul finansiële jaarstate weer deur die belastingowerheid self geoudit kan word.
Shivute het 'n beroep op maatskappye gedoen wat tenders ontvang om hul inkomste behoorlik te verklaar en hul regmatige deel van belasting te betaal.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer