Finale 12 dun uit vir NESA-vegspan
Finale 12 dun uit vir NESA-vegspan

Finale 12 dun uit vir NESA-vegspan

e-Sport
Die Namibiese Elektroniese Sportvereniging (NESA) hou môre 'n kans vir aanspraakmakers om vir sy amptelike Namibiese span vir die gevegspeletjie Counter-Strike: Global Offensive (CS:GO) te kwalifiseer en die land op internasionale vlak te verteenwoordig.

“Nog 'n suksesvolle seisoen van kwalifiserende uitdunne nader sy einde. Ons het hierdie jaar meer as ooit tevore gesien hoe talle topvlak elektroniese sportdeelnemers met puik vaardighede gelykop eindig of met baie klein punteverskille wen of verloor,” sê NESA in 'n nuusverklaring.

“Ons was dus genoop om vir vanjaar se finale uitdunronde 12 kandidate te nooi – nie net tien nie.”

Die volgende twaalf atlete is genooi om môre vanaf 13:00 sake uit te spook en die keurkomitee te beïndruk vir die beskikbare vyf posisies in die volgende Namibiese nasionale e-sportspan vir CS:GO:

1 Alan Miller, 2 Andries Wahl, 3 Danie Muller, 4 Ezee Viljoen, 5 Gideon Buys, 6 Ilario Izaks, 7 Jaco Hyman, 8 John Berry, 9 Maja Carstens, 10 Pieter Kok, 11 Talon Izaks, 12 Tristan Loftie-Eaton.

In die kwalifiserende ronde was die topdrie spanne EZK 25:17 (eerste), V-Fortis se tweedes (tweede) en V-Fortis se eerste span.

Vir die finale uitdunrondte word vyf wedstryde gespeel. Die spanne se samestelling vir die eerste vier wedstryde word vooraf vasgestel, terwyl wedstryd 5 se spanne op grond van hierdie vertonings bepaal sal word.



Die samestelling vir die eerste vier wedstryde:

WEDSTRYD 1:

• Span 1: Ezee Viljoen (kaptein), Ilario Izaks, Andries Wahl, Jaco Hyman, Tristan Loftie-Eaton.

• Span 2: Pieter Kok, Talon Izaks (kaptein), John Berry, Alan Miller, Maja Carstens.

WEDSTRYD 2:

• Span 1: Ezee Viljoen, Jaco Hyman, Ilario Izaks, Talon Izaks (kaptein), Gideon Buys.

• Span 2: Andries Wahl (kaptein), John Berry, Pieter Kok, Alan Miller, Danie Muller.

WEDSTRYD 3:

• Span 1: Pieter Kok, Andries Wahl (kaptein), Jaco Hyman, Tristan Loftie-Eaton, Maja Carstens.

• Span 2: Ilario Izaks (kaptein), John Berry, Alan Miller, Gideon Buys, Danie Muller.

WEDSTRYD 4:

• Span 1: Pieter Kok, Ilario Izaks, Tristan Loftie-Eaton, Maja Carstens (kaptein), John Berry.

• Span 2: Andries Wahl, Jaco Hyman (kaptein), Alan Miller, Danie Muller, Gideon Buys.

NESA bedank alle rolspelers en skeidsregters wat die platform vir 'n professionele en regverdige toernooi help skep. Die borge Logitech G, Nanodog en Future CC word ook vermeld vir hul onontbeerlike rol.

NESA se president Flip de Bruyn sê: “Ek hoop van harte elkeen geniet hierdie kwalifiseringsgeleentheid ewe veel as ons. Ons sien daarna uit om die nuwe Namibiese span vir CS:GO aan te kondig.”

Vir meer besonderhede oor die geleentheid, besoek hul Facebook-blad @Nesa.Namibia of webblad www.esportsnamibia.org

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer