Filibus van Nigerië lei Lutherane

Die nuwe president van die Lutherse Wêreldfederasie vra dat godsdienstige geweldpleging ondersoek word.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Eerwaarde Musa Panti Filibus, aartsbiskop van die Lutherse kerk in Nigerië (LCCN), is tot president van die Lutherse Wêreldfederasie (LWF) verkies.

Dit tydens die twaalfde algemene vergadering van die LWF, wat in Windhoek aangebied word.

Filibus is die dertiende persoon en die tweede leier uit Afrika wat dié pos beklee sedert die LWF in 1947 tot stand gekom het.

Filibus is reeds in die eerste stemronde verkies met 274 stemme uit 303.

Tydens sy intreerede het hy gesê hy wil op gemeenskapsverhoudinge, sendingwerk, geslagsgeregtigheid, die diakonie, die kerk se jongmense en intergeloofbetrekkinge vir vrede en geregtigheid fokus.

“Samehorigheid is ‘n geskenk,” het Filibus gesê en bygevoeg dat dit gekoester moet word.

Dit moet ook met ‘n sin van universele aanspreeklikheid geskied, het hy gesê.

Filibus, wat voorheen met die ontwikkeling van die LWF se geslagsgeregtigheidsbeleid gemoeid was, sê hy is toegewy aan die implementering daarvan.

Hy het ook ’n groot rol gespeel in proses wat tot die inwyding van die eerste vroulike pastoor van die kerk in 1996 gelei het.

Daar moet ook toewyding aan die jongmense van die kerk wees, het Filibus gesê.

Hy het gevra dat die Globale Jeughervormingsnetwerk op plaaslike kerkvlak geïmplementeer moet word.

“My droom is dat die LWF ‘n relevante en sleutel- internasionale diakoniese speler sal wees om menslike tragedie te oorkom,” het hy bygevoeg.

Twee jaar gelede moes kerklike werk in baie gemeentes in die noordooste van Nigerië, waar Filibus vandaan kom, opgeskort word om aanvalle deur die Islamitiese militante Boko Haram tydens aanbiddingsdienste te voorkom.

“Daar is ’n groot behoefte om aandag te skenk aan geweldpleging wat deur godsdiens gemotiveer word,” het hy gesê.

Filibus het ook kerklike groei in die globale suide en ‘n afname in lidmaatskap in die globale noorde uitgewys as gebiede waar die LWF se bystand benodig word.

“Ons het ‘n verpligting om na mekaar te luister en mekaar te ondersteun in hierdie moeilike tye. Geen kerk behoort alleen te voel nie,” het hy gesê.

Die nuwe president is geen nuweling wat die werksaamhede van die LWF betref nie.

Van 2002 tot 2010 was hy Afrika se sekretaris in die departement van sending- en ontwikkelingswerk (DMD).

Hy is in 2010 as direkteur van die DMD aangestel.

In 2013 het hy biskop van die Lutherse Kerk van Nigerië se Mayo Belwa-gemeente geword, en in 2016 is hy as aartsbiskop van die kerk verkies.

Filibus (57) is in 1994 as leraar ingeseën.

Hy het teologie in Nigerië en Amerika studeer, waar hy ook ‘n doktorsgraad in pastorale teologie verwerf het.

Die LWF het ook ‘n nuwe raad, bestaande uit 48 lede, verkies.

Die raadslede verteenwoordig die sewe LWF-streke.

Tien kom uit Afrika en 10 uit Asië, Sentraal-Oos-Europa word deur vyf lede verteenwoordig, Sentraal-Wes-Europa het agt lede, die Nordiese lande het ses, Latyns-Amerika en die Karibiese eilande het vier en Noord-Amerika vyf.

Die helfte van dié nuwe raadslede is vroue en 13 verteenwoordig die jeug.

Dit strook met die LWF se beleid oor geslag- en jeugverteenwoordiging wat bepaal dat bestuursliggame uit 40% vroue, 40% mans en 20% jongmense moet bestaan.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.75/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.76% | Zinc US$ 2 879.10/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 89.41/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 911.90/OZ DOWN -0.0044 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.75/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.76% | Zinc US$ 2 879.10/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 89.41/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 911.90/OZ DOWN -0.0044