Ferreira terug vir Leeus
Ferreira terug vir Leeus

Ferreira terug vir Leeus

Rugby
Wim Pretorius - Die Leeus se slot Andries Ferreira sal môre terug op sy pos wees teen die Ja­guares nadat hy verlede week kort voor die afskop weens 'n besering aan die beginspan onttrek is.

Swys de Bruin, die span se breier, het gekies om sy span se kontinuïteit vol te hou deur geen verdere veranderinge aan die beginspan te maak nie.

Aphiwe Dyantyi, wat verlede week sy Superrugby-buiging op die linkervleuel vir die Leeus gemaak het, behou sy plek in die span nadat hy 'n sterk vertoning gelewer het.

Marco Jansen van Vuren kan ook sy eerste proesel van Superrugby kry indien hy van die plaasvervangersbank af speelkans kry.

Die oud-leerder van die Hoërskool Transvalia het in 2015 en 2016 vir die Junior Bokke in die o.20 Wêreldbekertoernooi uitgedraf.

Die Springboksenter Rohan Janse van Rensburg sal hoop om sy plek terug in die beginspan los te speel wanneer hy sy verskyning op die veld maak.

Hoewel Elton Jantjies nie verlede week sy beste peil kon bereik in sy span se sege oor die Haaie nie, sal hy ook beoog om sy seisoen terug op die regte spoor te kry.

Die Leeus moes in 2017 hard werk om net-net met 24-20 met die Jaguares op Ellispark af te reken. Hulle het ook verlede jaar in Buenos Aires met 24-36 teen die Argen­tyne vasgeval.

* Leeus: Jacques van Rooyen, Malcolm Marx, Ruan Dreyer, Andries Ferreira, Franco Mostert, Kwagga Smith, Cyle Brink, Warren Whiteley (k), Ross Cronje, Elton Jantjies, Aphiwe Dyantyi, Harold Vorster, Lionel Mapoe, Sylvian Mahuza, Andries Coetzee. Reserwes: Robbie Coetzee, Dylan Smith, Jacobus Adriaanse, Lourens Erasmus, Hacjivah Dayimani, Marco Jansen van Vuren, Howard Mnisi, Rohan Janse van Rensburg. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer