Feestyd vertraag Covid-19-data
Feestyd vertraag Covid-19-data

Feestyd vertraag Covid-19-data

Dani Booysen
‘n Skrale 136 nuwe gevalle van Covid-19 is vanmiddag vir gister aangekondig.
Net 585 toetse is verwerk, benadruk die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is sy nuusverklaring.
Volgens die minister is inligting laat van toetslaboratoriums ontvang en mag môre se aankondiging dus weer ‘n skok inhou.
Van die persone toon 70% geen simptome nie. Van die toetse wat verwerk is, is 40% van monsters geneem by kontakte van bevestigde gevalle.
Ons grafika wys nuwe gevalle per gesondheidsdistrik.
Die daaglikse gemiddeld van nuwe gevalle gemeet oor sewe dae styg steeds.
Nog 5 gesondheidswerkers is ingesluit by die nuwe gevalle: 2 van Onandjokwe en 1 elk van Oshikuku, Oshakati en Engela.

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer