Feesmoorde was ‘lelik’, sê polisie

Somber prentjie ontvou

08 January 2020 | Misdaad
Denver Kisting – In die meeste van die 26 moorde wat in Desember 2019 gepleeg is, was ’n verdagte betrokke wat nie sy humeur kon beteuel nie.

Só sê adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder.

Tydens ’n onderhoud gisteroggend met Kletskompas, Republikein se aanlyn ontbytprogram, het Shikwambi gesê: “Iemand wat kort van draad is, vat ’n mes en steek en veroorsaak die dood. Dit is lelik.”

Oor die 39 verkragtingsake wat verlede maand alleen aangemeld is, sê Shikwambi dikwels is dit vroue wat van ’n sjebeen af huis toe op pad is wat oorval en verkrag word.

In sommige gevalle is die vermeende verkragter aan die oorlewende bekend, terwyl ander se identiteite net vermoed word en ander onbekende mense is, sê sy.

Shikwambi sê die feesseisoen is bedoel vir mense om te rus, te ontspan en tyd met hul geliefdes deur te bring, maar misdadigers neem nie vakansie nie, sê sy.

“Lyk my hulle rus glad nie.”

Shikwambi het kommer uitgespreek oor die jeug se beweerde betrokkenheid by die besit van en handel in gewoontevormende dwelms.

’n Totaal van 32 mense is in verband hiermee aangekeer.

Sy sê die meeste mense wat weens selfdood sterf, laat geen brief na nie.

Selfdood het 31 lewens in Desember geëis.

Shikwambi was in gesprek met Republikein oor haar onlangse bevordering tot bevelvoerder van die skakelafdeling.

[email protected]

Soortgelyk

 

Okahandja-kleinhoewe oorstroom weer

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl die polisie gistermiddag bevestig het ‘n vrou is nog soek nadat die Okahandjarivier haar vroeg gisteroggend meegesleur het, was ‘n kleinhoewe-eienaar...

Geingob stil oor kleiner kabinet

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Ten spyte van die groot gewag daaroor in sy Oujaarsrede weet Namibiërs nog nie hoe groot pres. Hage Geingob se verkleinde kabinet...

Eerste swartpootwildekat kry nekband

9 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Daar is geskiedenis gemaak toe Namibië se eerste swartpootwildekat vandeesweek met 'n nekband toegerus is. "Om die klein katjies op te spoor,...

Weer vir 27 Februarie 2020

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Verspreide donderbuie sal oor die noordelike streke en Omaheke- en Khomasstreek voortduur waar kitsvloede verwag word. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik...

Drie stroop glo renoster in Etosha

9 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Droogte: Baie boere wurg nog

9 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Foto’s van vol riviere, opgaardamme waarvan die vlakke styg en panne water langs die pad en in die veld het die afgelope...

PDM, ECN hof toe gesleep

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Mnr. Norman Tjombe, die Windhoekse prokureur wat vier ontstoke Popular Democratic Movement (PDM)-lede verteenwoordig, het gister bevestig hulle gaan hof toe.Alle aanduidinge...

Volksmoorduitstalling veroorsaak onmin

9 ure gelede |

Jemima Beukes - Die bekendstelling van ’n Ovaherero- en Nama-volksmoorduitstalling getiteld “Learning from the past” is vir ‘n tweede keer uitgestel te midde van bewerings...

Etosha-heining: ‘Sny middelman uit'

9 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme gaan baie geld spaar deur die middelman uit te sny met die opgradering van die...