Fees van dans vanjaar aanlyn
Die fees vir dansers met en sonder gestremdhede word vanjaar die sesde keer deur die Unmute-dansgeselskap in Kaapstad aangebied.
ArtsAbility is vanjaar ’n aanlyn fees.
Dit behels uitvoerings, webinare en kreatiewe werke en duur van 3 November tot 3 Desember. Elke jaar in November word internasionaal hulde gebring aan mense wat met gestremdhede leef en dié fees is deel van die gebruik.
Vanjaar is die tema “Spaces & Homes Invasion Festival of Transmission” met inbegrip van die beperkings weens die Covid-19 pandemie.
Die fees duur nie soos tevore net ses dae nie, omdat nie net Suid-Afrikaanse skeppers, maar ook ander internasionale skeppers deelneem.
Nadine McKenzie, die artistieke direkteur van Unmute, sê die oogmerke met die fees is drievoudig. “Dit bied blootstelling aan kunstenaars wat werk in gemeenskappe doen, ’n platform vir produksies waaraan Suid-Afrika en buitelandse kunstenaars saamwerk, en om leergeleenthede te verskaf deur lesings, inklusiewe webinare, gebaretaal en geïntegreerde dansskole.
“Die uiteindelike doel is om opvattings te skuif sodat inklusiwiteit daaglikse praktyk word en nie net ’n eenmalige geleentheid nie,” sê McKenzie.
’n Produksie wat mense nie mag misloop nie, is Access Denied, ’n video-aanbieding van drie kunstenaars wat die daaglikse uitdagings van toegang vir gestremdes verken.
Ander geselskappe wat op die fees optree, is Flatfoot Dance Company (South Africa) en Axis Dance Company (VSA), asook BewegGrund (Switserland).
Nuwe digitale werk deur dansers van Botswana, Mosambiek, Tanzanië, Zimbabwe, die Demokratiese Republiek die Kongo en Suid-Afrika is ook op die program. Dié dansers het leiding by Unmute gekry.
Die fees kan by youtube.com/channel/UC7ZLr5TYIWE1TnofgYxOtwg gevolg word.
ArtsAbility 2020 is moontlik gemaak deur die National Arts Council of South Africa, Kunstekaap en Survé Philanthropies.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie