Fees by WHS lewer onoorwonne vertonings
Skolesport
Organiseerders van laas naweek se Hennie de Waal sportfees ter viering van Windhoek Hoërskool se 100-jarige bestaan is baie in hul skik met die verloop van sake.
Furntech Agencies (Samsung) was die hoofborg van die fees waaraan meer as 25 skole in rugby, hokkie, netbal en sokker deelgeneem het.
“Ons wil ons waardering uitspreek aan al die deelnemende skole wat bygedra het dat die program stiptelik verloop het.
“Die skole en toeskouers se gedrag was ook onberispelik en ons het baie goeie terugvoering ontvang,” sê mnr. Henry Kemp, sportorganiseerder by WHS en afrigter van die eerste rugbyspan.
Vir die deelnemende skole was die wedstryde 'n goeie aanduiding van wat hulle in die komende wintersportseisoen te wagte kan wees.
Die eerste rugbyspan van Ricoh Windhoek Gimnasium was die enigste onoorwonne span in die o.19-afdeling. Hul deurslaggewende oorwinning was teen die besoekende Prince Edward van Harare, toe die Leeus met 27-10 gewen het in wat deur waarnemers as een van die mees aanskoulike wedstryde van die naweek bestempel is.
Op die WHS Davin Trust hokkiebaan het die seunspan van WHS onoorwonne klaargemaak. Dieselfde kan ook deur die meisiespanne van WHS en Windhoek Gimnasium gesê word, hoewel hulle teen mekaar gelykop gespeel het. Die WHS-meisies het ook teen Windhoek Affies gelykop geëindig.
Op die netbalbaan het WHS se o.19-meisies teen niemand tweedebeste afgekom nie, met onder meer 'n oorwinning van 25-15 teen Windhoek Gimnasium.
Kemp sê die toekoms van die Hennie de Waal fees in 2018 is nog nie uitgeklaar nie, ná WHS se aanbieding van die byeenkoms wat tevore by HTS gereël was. Hy sê die voorstel word wel oorweeg om volgende keer net drie speeldae (eerder as vier) te hê.
KAAP TOE
WHS se eerste rugbyspan, die Koedoebulle, sal gou oor enige lyfseer moet kom om komende Saterdag weer hul beste voet by Paul Roos Gimnasium se rugbydag te kan voor sit.
Die Windhoekers sal teen die sterk Boland Landbouskool te staan kom.
Volgens Kemp sal hy sonder sy beseerde senterpaar Justin Muir en Donovan Resandt moet klaarkom. Beide behoort volgens hom binne sowat drie weke terug in die prentjie te wees, maar geen kans word die naweek met hulle gewaag nie.
“Die res van ons beserings is van minder ernstige aard. Ek is nie ontevrede met WHS se vertoning van die naweek nie. As gasheerskool moes ons spelers sesuur soggens aanmeld om van die handewerk te verrig en goeters rond te dra.
“Ons het Tsumeb Gimnasium geklop en hoewel ons baie swak gespeel het teen Walvisbaai en Prince Edward, het ons beide wedstryde net-net verloor. As ons vars en uitgerus is, sien ek uit dat ons Saterdag met 'n beter vertoning vorendag kan kom.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie