Federer werp twyfel oor sy toekoms
Tennis
Roger Federer, wat sukkel om van ’n kniebesering te herstel, het skoknuus gedeel wat nie net twyfel werp oor sy deelname aan die Australiese Ope nie, maar ook die res van sy loopbaan. Die 39-jarige tennisster het vanjaar twee operasies aan sy regterknie ondergaan, aanvanklik in Februarie en later in Junie. Federer, wenner van ses Australiese Ope-titels, is sedert sy halfeindstryd-nederlaag teen Novak Djokovic by Melbourne Park aan die begin van 2020 buite aksie.
FoxSports berig Federer het op die Switserse Sporttoekenningsgeleentheid gesê hy is nog nie topfiks nie, maar die verwagte vertraging van die eerste Grand Slam van die jaar met drie weke (tot 8 Februarie) kan in sy guns tel. Indien hy nie betyds herstel nie, is daar 'n moontlikheid dat hy tennis permanent vaarwel kan roep. Hy is op die afgelope naweek as die beste Switserse sportman sedert 1950 aangewys. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie