Federer klaar vir jaar, beloof om terug te wees
Tennis
Johann de Jager – Roger Federer sal nie vanjaar op sy rekord van 20 Grand Slam-enkelspeltitels kan voortbou nie.
En nee, dis nie omdat die Amerikaanse Ope en Franse Ope weens die Covid-19-pandemie gekanselleer kan word nie. Dié rede hiervoor is dat die 38-jarige Switserse tennismaestro ’n tweede operasie in vier maande aan sy regterknie ondergaan het.
Federer het dié jongste verwikkeling gister op Twitter aangekondig.
Hy het kort ná sy vertoonwedstryd teen Rafael Nadal in Februarie in Kaapstad besluit om ’n artroskopie te ondergaan vir die knie wat hom knaend gepla het nadat hy in die voorafgaande Australiese Ope weens ’n liesbesering ook nie homself was nie.
Hy is in die halfeindronde in Melbourne deur die uiteindelike kampioen, Novak Djokovic, uitgeskakel.
Federer het in Februarie gesê die knie pla hom al ’n ruk en dat hy gehoop het dit sou met tyd vanself regkom. Hy en sy span het egter op ’n operasie besluit kort ná die Match in Africa en was ná die Kaapse uitstappie optimisties dat hy sommer gou weer reg sou wees.
Severin Luthi, sy afrigter, het vroeër dié week aan tennisworldusa.org gesê die herstelproses het nie so goed verloop soos wat beplan is nie.
Federer het dít gister bevestig.
“Ek het ’n paar weke gelede met my aanvanklike herstelproses ’n terugslag beleef en moes vinnig nog ’n artroskopie ondergaan op my regterknie,” sê Federer.
Hy het in 2016 ook ’n knieoperasie ondergaan en die tweede gedeelte van daardie jaar misgeloop.
Dit het Federer baie goed gedoen, want met sy terugkeer in 2017 het hy die Australiese Ope en Wimbledom gewen.
Die laaste van sy 20 Grand Slam-titels was toe hy in 2018 weer in Melbourne koning gekraai het.
Federer, wat 39 in Augustus sal wees, het beloof hy sal terug wees. Hy sê hy wil nou, net soos voor 2017, eers heeltemal oorgehaal wees voordat hy sal terugkeer.
“Ek beplan om nou, nes destyds, al die nodige tyd te neem om 100% op my beste te wees. Ek gaan die beroepsreeks en my ondersteuners mis, maar sien uit om almal aan die begin van 2021 weer te sien.”
• Soos sake staan, is die Amerikaanse Ope nog vir Augustus en September geskeduleer, terwyl die Franse Ope tot kort ná die Amerikaanse Ope uitgestel is.
- Netwerk24, Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie