Federer, die Houdini van die grasbaan

Andrew Poolman
Marizanne Kok

Roger Federer is in sy lewe al baie dinge genoem: Fed Express, die Switserse Maestro, die Beste van Alle Tye, Koning van Gras . . .
Woensdag, in die oomblikke ná hy tot die elfde Wimbledon-halfeindstryd van sy loopbaan deurgedring het, wou mens nóg ’n naam by die lys voeg: Wimbledon-Houdini.
Die 34-jarige Switser het die rekords laat spat, maar dit het drie uur en 17 minute van sweet, swets en swendel geverg voor hy uiteindelik oor Marin Cilic kon seëvier.
Federer was baas met 6-7 (4/7), 4-6, 6-3, 7-6 (11/9), 6-3 nadat hy elke ons van sy veggees moes bymekaar skraap om sy rug weg van die muur te kry.
Die aanloop tot dié kwarteindronde is oorheers deur die gesprekke oor die rekords wat Federer sou breek en ewenaar, maar dit was uit die staanspoor duidelik dat Cilic hom nie aan dié draaiboek sou steur nie.
Federer het wel 17 wenhoue in die eerste stel afgevuur, maar is op die agtervoet gehou deur sy teenstander se uitmuntende afslane.
Met die wind uit sy seile was Federer sleepvoet en hangskouer in die tweede stel, en was dit duidelik dat diep delf nodig sou wees om die Cilic-aanslag te oorleef.
Die Switser was steeds ver van sy beste in die derde stel, en moes ’n wedstrydpunt afweer in die vierde stel, maar in die vyfde het hy met nuwe ywer en vryheid gespeel.
“Ek het geweet ek was diep in die moeilikheid in die derde stel, en weer in die vierde. Maar die droom duur voort en ek kan nie gelukkiger wees nie,” het Federer volgens Wimbledon se webtuiste gesê.
Die sewemalige kampioen se pad na ’n tiende Wimbledon-eindstryd word nou deur die Kanadees Milos Raonic versper.
Raonic het die Djokovic-temmer Sam Querrey met 6-4, 7-5, 5-7, 6-4 verslaan en sal vir die tweede keer in sy loopbaan in die Wimbledon-halfeind speel.
Die ander halfeindstryd sal beslis word deur die Britse gunsteling Andy Murray en Tsjeg Thomas Berdych.
Murray het die eerste twee stelle van sy kwart­eindstryd teen Jo-Wilfried Tsonga gewen, maar toe ’n wind gesluk. Die wedstryd het uiteindelik vyf stelle en byna vier uur geduur. Murray was bo met 7-6 (12/10), 6-1, 3-6, 4-6, 6-1.
Berdych, die naaswenner van 2010, het aanvanklik gesukkel om sy ritme te kry in sy wedstryd teen Lucas Pouille, maar homself reggeruk om met 7-6 (7/4), 6-3, 6-2 te wen.
 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° #N/A #N/A