Federasie trots op sy drie Olimpiese ryers
Namibië sal vanjaar die meeste fietsryers nóg na ’n Olimpiese Spele stuur, het die Namibiese Fietsryfederasie die naweek op Twitter bevestig.
Die ope geheim dat Namibië ’n vroueryer vir bergfietsry mag stuur, behoort binne die komende dae deur die Fietsryfederasie en die Namibiese Olimpiese Komitee bevestig te word.
Dan Craven het reeds in die mans padfietsresies gekwalifiseer, voordat Vera Adrian ook die Afrika-titel in Marokko beklink het om ’n Olimpiese plek op die padfiets vir die land te beklink. Haar spanmaat Michelle Vorster het haar reeds die afgelope maande op die bergfietsry toegespits en as nasionale kampioen van 2016 lyk haar kanse op insluiting in dié afdeling nou na ’n uitgemaakte saak.
Die plek vir ’n vroulike bergfietsryer van Afrika het oopgeval toe Suid-Afrika se Olimpiese komitee sy beleid bevestig het dat kwalifikasie in Afrika-kompetisies nie vir Rio 2016 in ag geneem sal word nie – net soos in hokkie die geval was. Namibië was dus volgende in die ry.
Vorster het reeds haar merk gemaak met ’n brons by die 2015 Afrika bergfietskampioenskap in Rwanda. Sy is baie opgewonde om haarself nou in twee internasionale bergfietsbyeenkomste in Europa te gaan toets.
Vorster sal die land komende Sondag by bergfietsry se wêreldkampioenskap in Tsjeggië verteenwoordig, saam met haar landgenote Tristan de Lange (o.23 mans) en Herbert Peters (junior mans). ’n Week later sal Vorster ook by ’n Wêreldbekerbyeenkoms in Switserland aantree. Beide dié byeenkomste sal haar internasionale blootstelling gee voordat die Rio Spele in Augustus aanbreek.
Die hoër intensiteit en atmosfeer met duisende toeskouers langs die baan sal vir Vorster ’n nuwe ondervinding wees.
Vorster het in die laaste dae ’n hupstoot gekry met die Janine & Suzelle Davin Sporttrust wat ’n bydrae tot haar reis na Europa gelewer het.
By die geleentheid het Vorster gesê haar afrigter Deon Carstens het onlangs aangedui dat hy baie tevrede is dat haar fiksheidsvlak baie gunstig met dié van sy ander Olimpiese kandidate in Suid-Afrika vergelyk.
Mnr. Herman Davin van die Davin Sporttrust het gesê die trust is daarop ingestel om Namibiese individue op elite vlak by te staan om hul doelwitte te bereik – eerder as spanne of ontwikkelingsvlak. Om dié rede het Vorster se profiel sin gemaak vir hul toetrede as borg.
In fietsrykringe word lankal in spanning gewag op die amptelike uitklaring van watter vrou/e die land in die Olimpiese fietsitems gaan verteenwoordig. Bevestiging van die sport se wêreldbeheerliggaam (UCI) oor die bergfiets-plek vir Afrika was een van die laaste vertragings.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie