FBI ondersoek bande tussen Trump, Russe
FBI ondersoek bande tussen Trump, Russe

FBI ondersoek bande tussen Trump, Russe

Die FBI het bevestig hulle ondersoek sedert Julie moontlike Russiese pogings om in te meng by die verkiesing, insluitend moontlike samewer­king tussen die Trump-span en Rusland.
Francoise Steynberg
James Comey, FBI-direkteur, het Maandag bevestig dat dié speurdiens bande tussen pres. Donald Trump en Rusland ondersoek wat dalk 'n invloed op die uitkoms van die Amerikaanse presidensiële verkiesing kon gehad het.

Comey en Michael Rogers van die Amerikaanse veiligheidsagent­skap (NSA) het voor die Amerikaanse huis van verteenwoordigers se intelligensiekomitee getuig dat dié ondersoek maande kan duur.

Comey het bygevoeg daar is geen bewyse dat oudpres. Barack Obama ten tyde van die Amerikaanse verkiesingsveldtog op Trump gespioeneer het nie.

“Ek het geen inligting wat die bewerings met betrekking tot die president se twiets kan staaf dat die vorige bedeling hom (Trump) ten tyde van die verkiesingsveldtog laat afluister het nie,” het Comey gesê.

Rogers het ook die bewerings deur Sean Spicer, Withuis-woordvoerder, verwerp dat die Britte namens Obama op Trump gespioeneer het, en gesê dit het die verhouding tussen die twee lande skade berokken.

“Dit (die bewerings) was duidelik baie frustrerend vir een van ons grootste bondgenote,” het Comey gesê.

Dit was egter oor Rusland se moontlike inmenging in Amerika se presidensiële verkiesing dat Comey en Rogers die meeste uitgevra is ten tyde van hul ses uur lange verskyning voor die komitee.

Comey het bevestig die FBI ondersoek sedert Julie moontlike Russiese pogings om in te meng in die verkiesing, insluitend moontlike samewerking tussen die Trump-span en Rusland.

Hy sê terwyl dit wil voorkom of die Russe Hillary Clinton se veldtog skade wou berokken en Trump s'n wou steun, het hulle nog nie beslis of die pogings die resultate van die verkiesing beïnvloed het nie.

Comey het geen besonderhede oor die konfidensiële ondersoek gegee nie en gesê die feit dat dit gedoen word, beteken nie noodwendig dat iemand aangekla sal word nie.

Die intelligensieagent­skappe meen egter pres. Wladimir Poetin wou Trump steun deur die Demokrate te ondermyn.

“Ek dink dit is 'n maklike gevolgtrekking. Poetin haat Clinton soveel dat hy 'n duidelike voorkeur sou hê vir wie ook al teen haar sou staan.”

Hy het gewaarsku dat Rusland sal probeer om die volgende Amerikaanse presidensiële verkiesing in 2020 te beïnvloed en moontlik ook volgende jaar se verkiesing vir lede van die kongres.

“Hulle sal weer probeer, in 2020 en moontlik ook in 2018. Een van die lesse wat hulle geleer het, is dat hulle suksesvol kan wees omdat hulle verdeeldheid, onmin en twyfel kon saai oor Amerika, die aard van hierdie wonderlike land, wie ons is en ons demokratiese proses,” het Comey gesê.



– Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.92 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 291.14/OZ DOWN -0.014 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0026 | Zinc US$ 2 932.60/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 84.15/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 957.47/OZ UP +0.21% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.92 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 291.14/OZ DOWN -0.014 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0026 | Zinc US$ 2 932.60/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 84.15/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 957.47/OZ UP +0.21%