FB su00ea hy verwyder miljoene plasings weens haatspraak
FB su00ea hy verwyder miljoene plasings weens haatspraak

FB sê hy verwyder miljoene plasings weens haatspraak

Yandi Du Plessis
Tussen 10 en 11 uit elke 10 000 plasings op Facebook bevat inhoud wat neerkom op haat­spraak.

Die sosialemediareus het vir die eerste keer syfers oor die voorkoms van haatspraak op sy platform bekend gemaak.

Die wêreld se grootste sosialemediaplatform word tans ondersoek oor hoe hy gebruikers hanteer wat sy beleid oortree, veral ten opsigte van die Amerikaanse presidentsverkiesing verlede maand.

Facebook het dié syfer pas in sy jongste kwartaalverslag vir die drie maande tot einde September bekend gemaak.

Daarvolgens het hy 22,1 miljoen plasings in die drie maande onder oorsig verwyder wat elemente van haatspraak bevat het.

95% daarvan is verwyder voordat dit deur ’n ander gebruiker aangemeld is.

Verskeie burgerregtegroepe het in die Amerikaanse somer druk op Facebook begin plaas om daadwerklik teen gevalle­ van haatspraak op te tree.

Die maatskappy het ingestem om statistieke oor haatspraak te bereken deur ’n verteenwoor­digende aantal plasings te onder­soek en om hom aan ’n onafhanklike oudit te onderwerp.

Facebook het meer as 265 000 plasings van Maart tot November van Facebook en Instagram verwyder.

Die oudit sal na verwagting “deur die loop van 2021” afgehandel wees, het Guy Rosen, hoof van veiligheid en integriteit by Facebook, gesê.

Die Anti-Defamation League, een van die groepe wat druk uitgeoefen het op Facebook, sê die maatskappy gee nog nie genoeg konteks vir sy eie beoor­deling van hoe hy gevaar het in die verwydering van haat­spraak nie.

“Ons weet steeds nie hoeveel plasings deur gebruikers uitgewys word as haatspraak of hoeveel daarvan verwyder is nie,” het Todd Gutnick, woordvoerder van die liga, gesê.

Dié data is van belang, want “daar is baie vorme van haat­spraak wat nie verwyder word nie, selfs nadat dit aangemeld is”.

Twitter en YouTube openbaar nie vergelykbare syfers van gevalle van haatspraak op hul onderskeie platforms nie.

Rosen sê voorts Facebook het meer as 265 000 plasings van Maart tot November van Facebook en Instagram verwyder. Hierdie plasings het sy reëls oortree omdat dit by kiesers se besluit in die verkiesing probeer inmeng het.

Facebook het in Oktober gesê hy gaan voortaan plasings verbied­ wat ontken die Joodse volksmoord het ooit plaas­gevind.

Dit is ’n ommeswaai van die aanvanklike kommentaar van sy uitvoerende hoof, Mark Zuckerberg, wat gesê het sulke plasings kom nie neer op haat­spraak nie.

Facebook het in dieselfde kwartaal 19,2 miljoen grafiese en gewelddadige plasings verwyder teenoor 15 miljoen in die voorafgaande kwartaal.

Altesaam 4,1 miljoen gewelddadige en grafiese plasings is van Instagram verwyder.

Zuckerberg en Jack Dorsey, uitvoerende hoof van Twitter, is vroeër deur lede van die Amerikaanse kongres ondervra oor hul platforms se beleid rakende die modereer van inhoud.

Republikeinse kongreslede beweer die platforms tree onregverdig op en verwyder meer plasings van konserwatiewe kommentators.

Zuckerberg het voor dit op ’n personeelvergadering gesê Steve Bannon, voormalige raadgewer van pres. Donald Trump, het nog nie genoeg van Facebook se reëls oortree om die verwydering van sy profiel te regverdig nie.

Bannon het vroeër onder skoot gekom nadat hy die onthoofding van twee Amerikaanse amptenare in ’n Facebook-plasing gevra het.

Menslike modereerders funksioneer nog nie optimaal nie weens die coronavirus­pande­mie wat baie dwing om van die huis af te werk.

Facebook is ook onlangs gekritiseer omdat hy toegelaat het dat groot Facebook-groepe vals inligting oor die verkie­sing deel.

Die maatskappy reken hy raak elke dag beter daarmee om inhoud te verwyder wat sy reëls oortree nog voordat gebruikers dit kan aanmeld, danksy verbeteringe in kunsmatige intelligensie.

Menslike modereerders funksioneer nog nie optimaal nie weens die ­pande­mie wat baie dwing om van die huis af te werk.

In ’n omstrede stap het Facebook glo hierdie werknemers gevra om terug te keer kantoor toe.

Meer as 200 van sy modereerders het toe in ’n ope brief kapsie gemaak daarteen en gesê die maatskappy stel hul lewe onnodig in gevaar.

Facebook voer aan sy kantore voldoen aan of oorskry die riglyne­ vir ’n veilige werkruimte. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.24/OZ UP +0.75% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 956.60/T UP 1.29% | Brent Crude Oil US$ 83.57/BBP DOWN -0.0129 | Platinum US$ 996.44/OZ UP +1.13% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.24/OZ UP +0.75% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 956.60/T UP 1.29% | Brent Crude Oil US$ 83.57/BBP DOWN -0.0129 | Platinum US$ 996.44/OZ UP +1.13%