'Farm in a Box' ondersteun kleinboere
Kapasiteitsbou en landboumeganisasie is 'n prioriteit om voedselsekuriteit te fasiliteer en die potensiaal van kleinskaalse boerdery in Afrika te ontsluit.
Die internasionale vervaardiger en verspreider van landboutoerusting, Your Agriculture Company (Agco), voorsien nou ‘n plaas in ’n boks aan kleinboere in Afrika.
Die sogenaamde “Farm in a Box”-inisiatief is tydens die Internasionale Groenweek van 18 tot 27 Januarie in Duitsland bekendgestel.
“Met hierdie nuwe konsep beoog ons om plaasmeganisasie en ondersteuningsfasiliteite na voorheen ongediensde plattelandse gemeenskappe in Afrika te bring,” het mnr. Martin Richenhagen, hoof uitvoerende beampte van Agco, volgens 'n nuusverklaring by die bekendstelling gesê.
“Farm in a Box”, of Fiab, bied 'n pakket van noodsaaklike boerderytoerusting, insluitend 'n trekker en gereedskap, asook noodsaaklike ondersteuningsmeganismes soos onderdele, werkswinkelgereedskap, opleiding en kundigheid om volhoubare en produktiewe meganisasie te verseker. Van die toerusting word in 'n 'n aangepaste skeepsvraghouer verpak wat dan as kantoor of werkswinkel gebruik word – vandaar die “plaas in ‘n boks”.
Mense voorsien 65% van die arbeid wat benodig word vir grondvoorbereiding suid van die Sahara in Afrika. Kapasiteitsbou en landboumeganisasie is 'n prioriteit om voedselsekuriteit te fasiliteer en die potensiaal van kleinskaalse boerdery in Afrika te ontsluit, sê Agco.
Fiab, sê dié maatskappy, is 'n innoverende oplossing vir kleinboere om toegang te verkry tot die masjinerie wat hulle nodig het om hul boerdery te ontwikkel en winsgewend te maak,
Dit bied 'n gelokaliseerde plaasondersteuningsentrum wat meganisasiedienste aan landelike gemeenskappe lewer en is ontwerp om 'n holistiese oplossing te bied. Navorsing toon ’n hoë aanvraag na masjinerie in afgeleë landelike gebiede, maar hindernisse soos bekostigbaarheid, beskikbaarheid, instandhouding /hersteldienste, onvoldoende boerderyvaardighede en opleiding belemmer die oorskakeling na gemeganiseerde boerdery.
Die pakket bevat 'n 45-80 perdekrag trekker en implemente, soos 'n korsbreker, sleepwa en planter om lande voor te berei en gewasse te plant, asook onderdele en werkswinkelgereedskap vir die diens en onderhoud van hierdie implemente.
Die pakket sluit opleidingsprogramme en ‘n ondersteuningsdiens in wat tegniese advies en leiding verskaf.
Die maatskappye maak gebruik van die nuutste telemetrie- en mobiele tegnologie om afstandsbediening van die toerusting en die gebruik van mobiele programme moontlik te maak.
Die is verder gegrond op ’n konsessiemodel om te help bou aan die kapasiteit van kleinsakeondernemings en bied sakegeleenthede vir entrepreneurs, kontrakteurs en die spesialiteitslandbouwinkels in Afrika se landelike gebiede.
"Die gedagte agter Fiab is beslis buite die boks, maar die voordele kom letterlik binne-in 'n boks!" het Richenhagen tydens die bekendstellingsgeleentheid gesê. "Dit is 'n wen-wen-situasie vir alle deelnemers."
Die konsessiehou kan aan plaaslike boere en kleinboere die toerusting verhuur en hulle in staat stel om hul produksieprosesse en -uitsette te verbeter.
"Daar is 'n dringende behoefte om die miljoene kleinboere in Afrika te bemagtig en voedselsekuriteit te verseker. Gepaste, inklusiewe en geïntegreerde benaderings tot landboumeganisasie kan die welstand van plaashuishoudings verhoog en geleenthede vir ekonomiese groei in landelike gebiede skep,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie