FAO help só oor volgende vyf jaar
Die FAO wil plaaslike kapasiteit op verskeie vlakke bou sodat Namibië onder meer sy landbouwaardekettings kan verbeter.
Elvira Hattingh - Die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) sal binne die volgende vyf jaar op kapasiteitsontwikkeling in Namibië fokus om die landboubedryf te ontwikkel, om natuurlike hulpbronne beter te gebruik en om meer bestand teen natuurrampe te wees.
Die FAO het die afgelope Vrydag hul programraamwerk vir 2019 tot 2023 vir Namibië tydens ‘n nuuskonferensie by die ministerie van landbou, water en bosbou se kantore bekend gestel.
Die raamwerk wys fokusgebiede uit vir die FAO se verteenwoordiging in Namibië tydens die komende vyf jaar en is op onder meer Namibië se vyfde nasionale ontwikkelingsplan (NDP5) geskoei, asook op die Harambee-welvaartsplan en Visie 2030, het die adjunkminister van ekonomiese beplanning, mnr. Pieter van der Walt, tydens die geleentheid gesê.
Hiervolgens geniet die bou van kapasiteit vir die versterking van die beleids-, wetlike, strategiese en institusionele raamwerk vir landbou, visserye, bosbou en voedselsekuriteit voorkeur, asook om plaaslike kapasiteit te bou wat tot verbeterde produktiwiteit en verbeterde voedsel- en landbouwaardekettings moet lei.
Die FAO se plaaslike verteenwoordiger, me. Farayi Zimudzi, het gesê verder word beoog om kapasiteit te versterk om natuurlike hulpbronne te bestuur asook om die risiko’s van rampe te verminder.
“Namibië se veerkragtigheid moet verbeter, en aanpassings en maatreëls teen klimaatsverandering moet ingestel word,” het sy gesê.
Altesaam US$4,5 miljoen is reeds beskikbaar, hoewel meer as US$11 miljoen (sowat N$154 miljoen) uiteindelik vir die toepassing hiervan benodig gaan word.
Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, het gesê sowat US$6 miljoen moet nog gemobiliseer word en van die geld sal van die FAO se Program vir Tegniese Samewerking en die South-South Corporation kom.
Die programraamwerk is opgestel tydens die FAO se beraadslaging en ooreenkomste met kernrolspelers, wat onder andere die ministerie van landbou, water en bosbou, die nasionale beplanningskommissie, die ministerie van die omgewing en toerisme, die ministerie van visserye en mariene hulpbronne, die ministerie van grondhervorming, die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling, die ministerie van finansies en die nasionale statistiekagentskap (NSA) insluit.
Die belangrikste is om die kapasiteit van nasionale instansies te versterk om inklusiewe beleide, regulasies, wetsraamwerke en sektor-sensitiewe strategiese dokumente op die bestuur van grond, landbou, bosbou, visserye, voedselsekuriteit en voeding op te stel.
Daarnaas is dit belangrik om die land se kapasiteit te versterk om nasionale en internasionale verpligtinge na te kom, wat handelsregulasies insluit.
Die eerste vergadering met belangegroepe het in Mei verlede jaar reeds plaasgevind, terwyl ‘n voorlopige programraamwerk reeds teen einde Augustus 2018 op die tafel was.
Tydens die opstel van die raamwerk is ooreenkomste met academici, ontwikkelingsvennote en staatsondernemings ook gesluit.
Die plaaslike program sluit by die FAO se oorhoofse strategiese raamwerk aan, wat onder meer ten doel het om honger, ‘n tekort aan voedselsekuriteit en wanvoeding uit te wis, om landbou meer produktief en volhoubaar te maak en om landelike armoede te verlig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie