Familievriend verkrag glo ses- en tienjarige
Twee persone se lewens word in die Erongostreek geëis tydens die feesseisoen.
'n 42-jarige man is in hegtenis geneem in Swakopmund nadat hy glo seksuele dade met twee minderjariges, ouderdomme ses en tien jaar, gepleeg het.
Volgens die polisie se misdaadverslag was die man 'n vriend van die slagoffers se ouers en het hy die beweerde vergrype gepleeg terwyl die kinders in sy sorg gelaat is.
Die man sou gister in die landdroshof in Swakopmund verskyn het.
BRAND EIS LEWE
'n Brand het 'n munisipale werker van Swakopmund, mnr. Otto Benjamin Goseb (49), se lewe omstreeks 00:30 op Nuwejaarsdag in Mondesa geëis.
Volgens die verslag was hy alleen in sy woning, met sy vrou en kinders in daardie stadium uitstedig. Die brand het twee ander wonings ook vernietig.
“Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie en die saak word steeds ondersoek,” lui die verslag.
MOORD OP SWAKOPMUND
'n Bakleiery in die DRC-informele nedersetting in Swakopmund het gelei tot die afsterwe van 'n man en die inhegtenisneming van mnr. Brendon Naibab, wat gister in die landdroshof in Swakopmund verskyn het.
Die voorval het tussen 00:00 en 01:00 op 1 Januarie plaasgevind toe Naibab by die oorledene se huis opgedaag het.
Volgens die verslag het hy hom na bewering met 'n skerp voorwerp in die bors gesteek. Die oorledene het nog 'n paar treë geloop en toe ineengestort.
“Die oorledene is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar,” lui die verslag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie