Familielid mag Covid-pasiu00ebnte besoek
Familielid mag Covid-pasiu00ebnte besoek

Familielid mag Covid-pasiënte besoek

Henriette Lamprecht
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het in die lig van die huidige Covid-19-situasie in die land besluit om besoeke aan Covid-pasiënte deur 'n familielid toe te laat. Die pasiënt is geregtig op een besoek per week. Volgens die ministerie sal elke besoeker ten volle beskermende persoonlike toerusting (PPE) vir die besoek ontvang wat 30 minute sal duur.
Volgens die ministerie sal die besoeke aan verskillende pasiënte in terme van datums en tye versprei word om te verseker dat daar nie op enige gegewe tyd 'n toeloop van besoekers in enige Covid-19-saal is nie. Die besluit is geneem in 'n poging om die herstel van pasiënte te verbeter en die kommer van familielede te besweer.


Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer