Faf verlig oor Proteas se 'nuwe begin'
Krieket
Tinus van Staden - Vergeet van die teenstander, takseer die Proteas liewer op hul vertoning.
Dít was die boodskap van 'n baie verligte Faf du Plessis nadat die Proteas Saterdag in Cardiff hul eerste Wêreldbeker-sege behaal het deur Afghanistan met nege paaltjies volgens die Duckworth-Lewis-metode te klop.
“Dit is 'n groot verligting; ons krieket was vandag baie beter en meer mededingend,” het die Protea-kaptein gesê.
Die Proteas het skitterend geboul en het Afghanistan vir 125 in 34.1 boulbeurte uitgehaal.
Hierna het hulle die aangepaste teiken van 127 in 28.4 boulbeurte behaal, vir die verlies van net Quinton de Kock (68 van 72 balle).
“Ons het gepraat oor energie op die veld en jy kon dit sien. Ek was ook baie tevrede met die boulwerk,” sê Du Plessis.
“Ons moes die dinge wat ons kon beheer, reg doen. Dit het ons gedoen. Daar was 'n doelgerigtheid in die span. Die gevoel is dat ons nou 'n nuwe begin in die toernooi het.”
Volgens Du Plessis het hulle geweet dit is belangrik om ná drie nederlae en 'n uitgereënde wedstryd 'n goeie uitslag te kry.
“Dit was belangrik dat ons 'n stewige vertoning lewer. Ek het dit al baie gesê: Ons wys tekens van goeie krieket, maar ons het ook tekens gewys van onbestendige en met tye swak krieket.
“Vandag was ons goed in al drie afdelings. Ons het goed geboul, goed veldwerk gedoen en ons was klinies in ons jaagtog na 'n klein teiken.”
Sake raak egter geensins makliker nie. Die Proteas kom Woensdag in Birmingham teen Nieu-Seeland te staan, wat na een van die gevaarlikste spanne in die toernooi lyk.
“Daar is vier groot wedstryde wat nou vir ons voorlê. As ons speel soos ons vandag gespeel het, sal ons 'n beter span wees. Ons het dit gewys in die aanloop tot die toernooi.
“In die eerste drie wedstryde het ons nie gespeel soos ons voor die toernooi gespeel het nie. Vergeet van die teenstanders, die dinge wat ons kon beheer, soos energie onder die boulers, was goed vandag. Daar is 'n groot gewig van ons skouers af. Ons weet wat voorlê, maar vandag was 'n tree in die regte rigting.”
Die kaptein is ook verheug oor Hashim Amla wat met 'n beurt van 41* (83 balle) weer op dreef gekom het. Amla het wel stadig gekolf. Dit kan 'n negatiewe invloed op die Proteas se netto lopietempo hê.
“Wat Hash betref, sou jy in 'n ideale wêreld verkies dat hy op 40 lopies van 40 balle eindig, maar met hom gaan dit oor die groter prentjie,” sê Du Plessis.
“Dit gaan daaroor dat hy lopies kry, tyd voor die paaltjies en selfvertroue kry. Hy is 'n belangrike speler vir ons en ons het hom nodig in die volgende vier wedstryde. Ek is oukei daarmee dat hy voortgaan soos hy het, want ons gaan hom nodig hê.”– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie