Facebook stoom voort – maar daar is vrae
Die maatskappy se bedryfswinsgrens het tot 45% gestyg, vergeleke met 32% ’n jaar gelede.
Hanlie Stadler - Elke dag meld gemiddeld 1,18 miljard mense op die sosiale-medianetwerk Facebook aan en elke maand 1,79 miljard.
Dié syfers vir September verteenwoordig ’n styging van onderskeidelik 17% en 16% méér mense as ’n jaar gelede, het Facebook Woensdagaand laat bekend gemaak saam met sy syfers vir die derde kwartaal van sy boekjaar.
Dis dié getal mense wat Facebook as maatskappy se syfers laat blink – adverteerders stroom steeds na die sosiale-medianetwerk en het gesorg dat Facebook se inkomste uit advertensies met 59% tot US$6,8 miljard gestyg het.
Die maatskappy se totale inkomste was US$7 miljard, wat 56% meer is as ’n jaar gelede.
Die maatskappy se bedryfswinsgrens het tot 45% gestyg, vergeleke met 32% ’n jaar gelede.
Nagenoeg 84% van die advertensie-inkomste is op mobiele platforms, vergeleke met 78% ’n jaar gelede.
WhatsApp en Messenger het steeds 1 miljard gebruikers en Instagram 500 miljoen, dieselfde as in die tweede kwartaal.
Vir Mark Zuckerberg is die gonswoord steeds video. Vier keer meer mense gebruik nou Facebook Live as in Mei. Met Facebook Live kan jy video regstreeks uitsaai en mense regstreeks kommentaar lewer.
Instagram Stories, wat sowat drie maande gelede bekend gestel is, word reeds deur 100 miljoen mense gebruik.
Zuckerberg sê op sy Facebook-blad Facebook is besig ’n nuwe kamera te bou wat op al sy apps beskikbaar sal wees.
Selfs al het al die syfers verwagtinge geklop, het Facebook se aandeelprys op die Nasdaq in New York in verhandeling ná die sluiting van die beurs met tot 7% gedaal ná ’n konferensie oor die resultate.
Daarin het David Wehner, Facebook se finansiële hoof, gewaarsku sy inkomste uit advertensies sal in die vierde kwartaal aansienlik stadiger groei omdat Facebook nie méér advertensies in gebruikers se News Feed kan plak sonder om hulle te vervreem nie.
Om sy inkomste te laat styg, sal Facebook nou steeds meer gebruikers moet werf, meer moet vra vir advertensies of gebruikers langer en meer betrokke op die sosiale-medianetwerk moet kry sodat hulle meer advertensies sien.
Wehner het gesê Facebook gaan in 2017 “aggressief” investeer, wat sy uitgawes skerp sal laat styg.
Dit het al vantevore gebeur dat beleggers kommer getoon het oor Facebook se toekoms, en dié maatskappy het nog elke keer ’n nuwe rigting ingeslaan – soos die groot oorskakeling na mobiele apps – wat die maatskappy net weer van krag tot krag laat gaan het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie