Facebook stel blink nuwe funksies bekend

Facebook is van voorneme om alles moontlik te doen om sy reputasie te herstel nadat data van die maatskappy deur Cambridge Analytica misbruik is.
Mark Zuckerberg, Facebook se hoof, het Dinsdag op die maatskappy se jaarlikse konferensie, bekend as F8, ’n reeks nuwe funksies bekend gestel.

Dit sluit in ’n afspraakdiens, soortgelyk aan Tinder, ’n manier om jou doen en late op die platform vinnig van Facebook se bedieners uit te wis, sowel as video-oproepe in Instagram. Groot veranderinge kom ook vir WhatsApp en Facebook Messenger.

Van die hoogtepunte wat volgens Zuckerberg in die volgende jare kom, is:

Wis jou Facebook-bedrywighede dadelik uit.

Dit is deel van Facebook se poging om sy reputasie in ere te herstel ná die Cambridge Analytica-skandaal vroeër vanjaar. Facebook het reeds ’n string nuwe funksies beskikbaar gestel waardeur gebruikers hul privaatheid kan nagaan. Eersdaags sal hulle hul doen en late dadelik kan uitwis sodra hulle die platform verlaat.

Die nuwe funksie staan as Clear History bekend en werk soortgelyk aan die bestaande funksie in gewone webblaaiers.

“Daar is ’n eenvoudige manier om jou cookies en geskiedenis in jou webblaaier te skrap,” sê Zuckerberg.

“Die idee is dat baie webwerwe cookies benodig om te werk, maar jy moet dit steeds kan uitwis as jy wil.”

Cookies verwys na klein stukkies data wat vanaf ’n webwerf gestuur word en op die gebruiker se rekenaar geberg word. Dit sluit onder meer in op watter skakels die persoon gekliek het en op watter webwerwe daar aangemeld is. Dit speel ook ’n rol in die soort advertensies wat gebruikers aanlyn sien.

Clear History gaan aan Facebook-gebruikers die opsie bied om inligting oor hul aktiwiteite op die platform maklik uit te wis. Gebruikers sal ook kan kies watter soort inligting die platform oor jou berg.

Zuckerberg waarsku egter dat die uitwis van dié inligting jou ervaring kan belemmer aangesien die data help bepaal hoe jou nuusstroom gesorteer word, sowel as die soort advertensies wat jy sien.

“Die platform sal jou voorkeure van voor af moet aanleer.”

Jy kan die liefde van jou lewe ontmoet.

Staan opsy, Tinder. Facebook betree binnekort die wêreld van aanlyn afsprake.

Só gaan dit werk: Jy skep ’n nuwe profiel, totaal apart van jou bestaande een, maar steeds gekoppel daaraan. Dit beteken geen van jou vriende sal kan sien wat jy in die “afspraakwêreld” aanvang nie. Moontlike pasmaats sal geïdentifiseer word danksy algoritmes gegrond op gemeenskaplike belangstelling en vriende.

Belangstellendes kan dan in Facebook ’n geselsie aanknoop, maar sal net teksboodskappe kan stuur. Met ander woorde, geen smerige foto’s nie.

“Daar is 200 miljoen mense wat op Facebook aandui hulle is enkellopend,” sê Zuckerberg.

“So daar is duidelik iets wat ons hier kan doen.”

Facebook se afspraakdiens is volgens hom gemik op betekenisvolle, langtermynverhoudings en nie op ’n vinnige vryery nie.

Maak video-oproepe in Instagram.

Facebook besit reeds ’n geruime tyd die fotoplatform Instagram. Zuckerberg het ook aangekondig dat gebruikers binnekort met tot drie vriende oor video sal kan klets.

Dié funksie is reeds beskikbaar op sy mededingers Skype en FaceTime, asook op Facebook se eie Messenger. Maar iets wat Instagram s’n dalk onderskei, is die feit dat jy die gesprek eenkant toe kan skuif en steeds saamgesels, maar terselfdertyd kan aanhou om na die foto’s in jou nuusstroom te kyk.

Groepoproepe in WhatsApp.

Soortgelyk aan sy planne met Instagram, wil Facebook ook binnekort video-oproepe vir groepe in WhatsApp moontlik maak. Jy kan reeds geruime tyd ’n oproep na een persoon maak, maar met die nuwe funksie sal jy verskeie gebruikers by dieselfde oproep kan betrek.

“Pas klere aan” in Messenger.

Al ooit gewens jy kan sien hoe jy in daai nuwe somerrokkie lyk wat jy aanlyn sien? Moenie vrees nie, want Messenger sal jou binnekort toelaat om items in die app “aan te pas”.

Facebook het bekend gemaak dat handelsmerke gou danksy virtuele werklikheid met die klets-app sal kan integreer om gebruikers ’n virtuele koopervaring te bied. Die funksie sal ingebou word in Messenger se kamera. Só sal jy enigiets van skoene tot grimering kan “toets” voordat jy dit koop. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.2 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.46/OZ DOWN -0.0031 | Copper US$ 4.88/lb DOWN -0.0029 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 83.27/BBP UP +0.00% | Platinum US$ 1 066.76/OZ DOWN -0.0029 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.2 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.46/OZ DOWN -0.0031 | Copper US$ 4.88/lb DOWN -0.0029 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 83.27/BBP UP +0.00% | Platinum US$ 1 066.76/OZ DOWN -0.0029