Facebook kyk na geld vra vir geen advertensies
Facebook toets die waters om te bepaal of ’n weergawe van sy platform sonder enige advertensies – waarvoor gebruikers dan moet betaal – genoeg gebruikers sal lok.
Die maatskappy het al in die verlede so ’n opsie ondersoek, maar daar is nou meer interne momentum om dit dalk ’n werklikheid te maak in die lig van Facebook se onlangse privaatheidskandaal. Die planne is egter nog nie mooi geformuleer nie en sal dalk nooit toegepas word nie, waarsku mense in die binnekring wat verkies om nie geïdentifiseer te word nie.
Facebook weier om kommentaar te lewer op die moontlikheid van ’n diens sonder enige advertensies waarvoor intekeningsgelde gehef word.
Mark Zuckerberg, Facebook se hoof, en Sheryl Sandberg, bedryfshoof, het die afgelope paar maande die bestaande model geloof en gesê advertensies help om die platform meer toeganklik te maak.
Hulle het wel erken dis nie enigste manier waarop die onderneming bestuur kan word nie.
“Ons het beslis gedink aan ander vorme van monetisering, waaronder die hef van intekeningsgelde, en ons sal altyd alles oorweeg,” het Sandberg gesê.
Tydens sy getuienis voor die Amerikaanse kongres verlede maand het Zuckerberg gesê Facebook sal altyd ’n gratis weergawe hê, hoewel hy nie die moontlikheid van ’n aparte platform waarvoor geld gevra word, uitsluit nie.
Zuckerberg oorweeg al lankal so ’n skuif waarmee die netwerk die mees algemene rede uit die weg kan ruim waarom mense die platform verlaat, naamlik advertensies.
Die maatskappy het feitlik al sy inkomste verlede jaar verdien deur advertensies te verkoop wat gebruikers se data gebruik het.
’n Interne ondersoek ’n paar jaar gelede het bevind dat gebruikers nie ontvanklik sal wees vir ’n betaalopsie nie aangesien dit die indruk skep dat Facebook gulsig is nadat hy pertinent gesê het hy sal altyd gratis wees.
Die maatskappy meen egter verbruikersentiment is besig om te verander. In die lig van die Cambridge Analytica-skandaal, waarin miljoene gebruikers se data tydens die Amerikaanse verkiesing gebruik is, word daar nou ook kopgekrap oor die toekoms van veral politieke advertensies op die netwerk.
Sandberg het verlede maand aan Bloomberg gesê Facebook sal aanhou om politieke advertensies te plaas en aangevoer dit bevorder vryheid van spraak. – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie