Facebook: Is ek gekraak?
Facebook: Is ek gekraak?

Facebook: Is ek gekraak?

Die sosialemediaplatform was huiwerig om te veel besonderhede bekend te maak oor presies wat verkeerd geloop het.
Petrus Malherbe – Facebook het Vrydag erken byna 50 miljoen gebruikers se inligting is weens ’n veiligheidsprobleem onthul.

Volgens die sosiale netwerk het kuberkrakers ’n swak plek in die Facebook-kode gebruik om die “View As”-funksie te manipuleer om toegang tot gebruikers se inligting te kry.

Facebook was huiwerig om te veel besonderhede bekend te maak oor presies wat verkeerd geloop het, maar in ’n inskrywing op sy korporatiewe blog bevestig hy dat stappe gedoen is om die veiligheidsbreuk reg te stel.

Hy kon ook nog nie bevestig of die kuberkrakers wat toegang tot die gebruikers se inligting gekry het dit misbruik het of nie.

“Ons weet ook nie wie verantwoordelik is of van waar die aanval gedoen is nie.”

Die sosiale netwerk het Dinsdag die eerste keer van die veiligheidsbreuk bewus geword en teen dit teen Vrydag bekend gemaak.

Is ek geraak?

Volgens Facebook is byna 50 miljoen gebruikers regstreeks deur die voorval geraak. Dit beteken kuberkrakers het teoreties toegang tot al hierdie gebruikers se profiele verkry deur die swak plek in die Facebook-kode te misbruik.

’n Bykomende 40 miljoen mense se rekeninge is dalk ook deur die aanval geraak en derhalwe het Facebook ook stappe gedoen om dié rekeninge weer te beveilig.

If you've been logged out of your account and asked to sign back in, it’s because we've discovered a security issue and are taking immediate action to protect people on Facebook. Learn more https://t.co/XLcHGYFBu2

— Facebook (@facebook) September 28, 2018

Indien jy oor die naweek uit jou Facebook-rekening gesluit is op alle platforms, insluitende die slimfoonapp en op ’n rekenaar, is jy een van die 90 miljoen mense wêreldwyd wat by die voorval betrek word.

Dit beteken nie dat kuberkrakers noodwendig jou inligting gesteel het nie, net dat daar verdagte aktiwiteit op jou rekening was en dat Facebook voorsorg getref het deur jou uit jou rekening te sluit.

Sodra jy weer aanmeld, sal jy ’n boodskap van Facebook ontvang wat verduidelik wat gebeur het.

Wat moet ek doen indien ek geraak is?

As jy oor die naweek uit jou Facebook-rekening gesluit is, is daar nie veel meer wat jy van jou kant af moet doen as om weer aan te meld met jou besonderhede nie.

Volgens die sosiale netwerk is dit nie nodig vir enigiemand om sy of haar wagwoord te verander nie, aangesien dié inligting nie by die kuberaanval betrek word nie.

Wat kan ek doen om my rekening te beveilig?

Selfs al is jy nie een van die 90 miljoen mense wat deur die onlangse aanval geraak is nie, is dit wys om ’n paar stappe te doen om jou rekening te beveilig.

1. Kyk waar jy aangemeld is

Gaan maak seker jy is nie iewers vreemd aangemeld op Facebook nie.

Onder “Settings” en dan “Security and login” verskyn ’n lys van alle platforms waarop jy aangemeld is op Facebook.

Dit sluit elke foon, tablet en rekenaar in, sowel as afsonderlike webblaaiers op dieselfde toestel waarop jy dalk aangemeld is. (Byvoorbeeld as jy Chrome en Safari op dieselfde rekenaar gebruik en op albei aangemeld is op Facebook.)

Indien jy enige verdagte toestelle hier bespeur, kan jy van hierdie blad af afmeld.

2. Gaan jou wagwoord na

Facebook het dit duidelik gemaak dat geen gebruikers nodig het om sy of haar wagwoord te verander nie, maar erken terselfdertyd dat die ondersoek na die voorval nog in die beginstadium is.

Dit beteken dat meer besonderhede uiteindelik bekend gemaak kan word oor die omvang van waartoe die kuberkrakers toegang verkry het.

Daarom sal dit wys wees om ondersoek in te stel na jou huidige Facebook-wagwoord. Hoe lank is dit al jou wagwoord op die platform? Hoe veilig is die wagwoord? Is dit kompleks genoeg en moeilik om te raai?

Maak ook seker jou Facebook-wagwoord is uniek: met ander woorde jy gebruik dit nét op Facebook en nêrens anders nie.

3. Skakel tweeledige verifikasie aan

’n Laaste belangrike stap is om tweeledige verifikasie aan te skakel op jou Facebook-profiel. Dit beteken sou jou wagwoord ooit uitlek, sal kuberkrakers steeds nie toegang tot jou profiel kan kry nie aangesien ’n bykomende kode benodig gaan word.

Hierdie kode word normaalweg na jou selfoon gestuur, of jy kan ’n app soos Google Authenticator daarvoor opstel.

Jy kan tweeledige verifikasie opstel onder “Settings” en dan “Security and login”.

Jy sal elke keer wat jy by ’n nuwe toestel wil aanmeld ’n kode moet invoer. Facebook sal wel jou vorige toestelle onthou wat beteken jy sal nie weer ’n bykomende kode hoef in te tik nie al het jy op daardie toestelle afgemeld.

Wat gebeur volgende?

Die veiligheidsbreuk kom in ’n moeilike jaar vir Facebook wat vroeër vanjaar moes deurloop onder kritiek weens die sogenaamde Cambridge Analytica-skandaal waarin 87 miljoen mense se inligting op ’n onvanpaste wyse gemyn is.

Die maatskappy het bevestig dat Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof, en Sheryl Sandberg, bedryfshoof, se Facebook-profiele ook deur vandeesweek se aanval geraak is.

“Mense se privaatheid is vir ons ontsettend belangrik en ons is jammer dat hierdie voorval gebeur het,” sê Guy Rosen, visepresident van produkbestuur.

Anders as met die Cambridge Analytica-skandaal het die sosiale netwerk ook dadelik stappe gedoen om die veiligheidsbreuk te herstel en diegene wat geraak is te verwittig.

Die voorval is ook by die nodige owerhede aangemeld, insluitende die Amerikaanse speurdiens, die FBI.

Die maatskappy se aandeelprys het Vrydag met tot 3% gedaal ná die bekendmaking van die kuberaanval. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%