Facebook in ‘wapenstryd’ met Rusland
Lede van die Amerikaanse senaatskomitees op handel en justisie het Dinsdag getuienis van Facebook se uitvoerende hoof, Mark Zuckerberg, aangehoor.
Mark Zuckerberg, Facebook se uitvoerende hoof, het Dinsdag aan Amerikaanse senators gesê sy onderneming is in ’n voortdurende stryd gewikkel met Russiese operateurs wat die sosiale netwerk wil uitbuit.
Zuckerberg het Dinsdag voor ’n Amerikaanse kongreskomitee verskyn na aanleiding van die Cambridge Analytica data-skandaal.
Die BBC berig dat hy bekendgemaak het dat Robert Mueller, die man wat Rusland se betrokkenheid by Amerika se 2016-verkiesing ondersoek, Facebook-werknemers reeds ondervra het.
Hy sê dit is soos om in ’n wapenstryd met Rusland gewikkel te wees.
“Hulle gaan heeltyd beter word.”
Zuckerberg is nie deur Mueller ondervra nie.
Luidens Al Jazeera het Zuckerberg in sy vyf uur lange getuienis voor die komitee gesê hy is jammer dat die private inligting van meer as 87 miljoen mense onwettig versamel is.
Hy is ook ondervra oor die beweerde misbruik van Facebook deur Russiese groepe wat glo by Amerika se presidentsverkiesing in 2016 ingemeng het.
’n Moontlike uitkoms van Zuckerberg se verskyning voor die komitee kan nuwe reëls insluit om mense se aanlyn data-inligting te beskerm - iets wat Facebook se vermoë om geld te maak, kan beperk.
Reuters berig dat Zuckerberg nie enige beloftes gemaak het van veranderinge in die manier hoe Facebook sake doen nie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie