Facebook begroot klaar vir boete van $5 mjd.
Die Amerikaanse Handelskommissie ondersoek tans die sosiale netwerk weens die beweerde oortreding van databeskermingsregulasies.
Reuters – Facebook sê hy verwag om binnekort ’n boete van tot $5 miljard vir die skending van gebruikers se privaatheid opgelê te word.
Volgens die maatskappy het hy reeds daarvoor begroot.
Die Amerikaanse Handelskommissie ondersoek tans die sosiale netwerk weens die beweerde oortreding van databeskermingsregulasies.
Die ondersoek spruit uit Facebook se betrokkenheid by die sogenaamde Cambridge Analytica-skandaal, waarin dié omstrede navorsingsfirma in aanloop tot die Amerikaanse verkiesing in 2016 data van meer as 87 miljoen Facebook-gebruikers sonder toestemming versamel het.
Mark Zuckerberg, Facebook se hoof, het sedertdien voor verskeie komitees en kommissies verskyn om die sosiale netwerk se datapraktyke te verduidelik.
Nietemin verwag Facebook om eersdaags swaar gestraf te word en derhalwe word die boete reeds by sy begroting ingewerk.
Die maatskappy het die bedrag as deel van sy tussentydse resultate vir die eerste kwartaal bekend gemaak.
Sou die boete $5 miljard beloop, sal dit Facebook se netto-inkomste vir die kwartaal tot $2,43 miljard, oftewel $0,85 per aandeel, laat krimp.
As die boete buite rekening gelaat word, is Facebook se verdienste $1,89 per aandeel.
Dit was $1,69 per aandeel in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Die totale inkomste beloop $15,1 miljard, 26% meer as dieselfde tydstip verlede jaar. Dit klop ook ontleders se verwagtinge dat die maatskappy net $15 miljard die afgelope kwartaal sou verdien.
“Die skitterende resultate wys dat adverteerders steeds waarde sien in Facebook as ’n platform ongeag die omstredenheid en skandale,” het Haris Anwar, ontleder by Investing.com, aan Reuters gesê.
Sowel maandelikse as daaglikse gebruikers het toegeneem. Meer as 2,4 miljard mense besoek Facebook minstens een keer per maand terwyl 1,6 miljard die platform daagliks benut.
Facebook se uitgawes vir die kwartaal is byna $12 miljard, inaggenome die massiewe boete wat dit dalk moet betaal.
Bedryfsuitgawes is verder verhoog deur die aanstelling van bykomende personeel om inhoud op die platform te modereer.
Sou Facebook ’n boete van enigiets tussen $3 miljard en $5 miljard opgelê word, sal dit die grootste boete in die geskiedenis van die handelskommissie wees.
Die maatskappy se aandeelprys het meer as 10% tot $200 in nauurse verhandeling gestyg, die dreigende boete ten spyt. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie