Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
“Nuwe vrae oor Mansudae”:



We as Namibians would appreciate it that the government stop lying to us - we don't need the Koreans, they can can go home. – Madelene Horn



Die regering het dan gesê die Koreane is lankal huis toe? – Pieter Jacobs



Busongeluk op lughawepad:



Nee, die lughawepad is mos 'n resiesbaan. Ry dit gereeld en sien hoe mense ry!!! – Rene Albrightson



Die Unam busse op die pad en M53 is nie 'n grap nie. Hul ry erg vinnig en ry vir niks stadiger nie. – Jan van Blerk



Ek ry elke dag daardie pad en net gister het die bus van agteraf op­gestoom gekom dat ek moet padgee, en dit bultop. – Trudie Basson



Baie waar! – Jacques G van Coller



Ry tog net stadiger!!!!! – Abi Smit



Meer as 2 500 onderwysvakatures:



Jammer om te sien onderwysers word so min betaal. Ons verwag so baie van hulle. . . Verwag soms om die onmoontlike reg te kry met ons kinders. Baie dankie vir die van julle wat daardie ekstra myl met ons kinders stap. – Lande Cockrell



Stem saam. Die wat rêrig als gee om ons land op te bou & aan die gang te hou (onderwysers, nurses, polisie) moet sukkel terwyl die Fat Cats als geniet. – Juergen George Mater



Is daar geld om hul betaal? – Earney Engelbrecht



Nuusbreker: “Vermeende verkragter naby Aus vasgetrek”:



Ek hoop wraggies hy kry nie WEER borg nie. Soms dink ek die landdroste wat soms so onoordeelkundig borg gee moet gedwing word om die verdagte weer op te spoor en the arresteer. Pieter Smit, sterkte vir jou en jou span! – Daniel F Small



Verkragters se strawwe is glad nie lig nie. . . 15 jaar? Die probleem is hulle word nie skuldig bevind nie omdat die mense wat die saak lei nie hul werk reg doen nie. Bewyse en al daai goet raak weg, dan is hy vry. Jy kan strawwe hoe hoog maak, as die polisie/staatsaanklaers nie hulle werk reg doen nie help dit niks nie. – Glen Farmer



Knap gedaan, Nampol! Nou hoop ek net die magistraat gee hom nie weer bail nie. – Steffie Gerber



Nee, nee, nie Nampol nie - die community! – Amanda Fest



Jammer, ek moes hulle ook genoem het. Sonder hulle sou die skurk sekerlik nie so vinnig gevang geword het nie. 'n Groot dankie ook aan hulle! – Steffie Gerber



Good job. Keep it up because we need the people who can do the job. We are proud of you. God bless you. – Mary-Ann Groenewaldt



Ek verstaan 'n boer op 707-pad het hom gevang. Misdadiger het by hulle by plaashuis aangekom. – Ina de Klerk



“Noodlanding aan die kus”:



Hulle sê dit was fuel starvation. Gelukkig land hy by die diensstasie op Langstrand. Awesome! – Johan Grobler



Well done aan hierdie pilot! Niemand het seergekry nie! – Leandrie Ashbolt



“Nóg dieper in die rooi”:



Ons geagte president kan Gobabis besoek met 'n hele motorbrigade en moerse show, maar kan nie hul skuld betaal nie. Belaglik. – Pieter van Vuuren



“Begrotingstekort bult”:



The truth a harsh rentmaster, hey? – Wolfie Mall



“Grubotsing buite Windhoek eis 4 lewens”:



Die mense wat die ongelukke veroorsaak, is die wat nie wil gehoor gee aan padregulasies, en regering is ook bewus dat daar ook groot gebrek aan vaardigheidskennis is by baie motorbestuurders wat lisensies het. – Peter van Wyk



Kyk, luister is nou nie 'n storie nie. Waarom sien mense dood en dit voor Kersfees? Sterkte aan die families. Drywers, vat julle tyd asb, julle sal uitkom daar waar julle wil wees. – Dianne Botma



Dis nie 'n ongeluk nie, dis moord. – Toshman Tsowaseb



Ek vrees om op die pad te gaan. Ons kan elke dag dankbaar wees as ons veilig by ons huise aankom. – Chrisinda du Toit Heydenrych



Ons ry elke maand een naweek af kus toe en dit is elke keer 'n nagmerrierit. Die onverskilligheid en arrogansie waarmee mense bestuur, is ongelooflik. Hulle gee nie 'n duit om vir ander se lewens sowel as hulle eie. Mense se houding is as dit my tyd is, is dit my tyd. – Rosemarie Swart Wiers



Dis die padvarke wat so lelik ry, nou moet ander mense dood oor hulle se lelike ry. Wees geduldig tot jy by jou bestemming kom. – Tasha Nadia



Dit is regtig hartseer, 4 mense se lewens in 'n oomblik weggeruk. – Carlo Gordon



En die ergste van als, Carlo, die mense neem foto's en stuur dit rond en post op Facebook. Ek het ook pics gekry en was baie ontsteld het sommer daardie persoon gebel en uitgeskel. Dink net as dit dalk een van jou familielede was. Mense het geen respek vir hul medemens meer nie. – Gerald Dulah Hays



Kan daar nie meer polisie op die pad sigbaar wees nie? 'n Mens is jou lewe nie seker as jy op die PAD VAN DIE DOOD moet ry tussen Okahandja en Windhoek nie. – Alice de Vos



The innocent always dies. – Gabriella Doeses



Wat gaan aan met die buurmense?! Genade, dis die een gru-ongeluk op die ander. Padgebruikers moet mekaar begin respekteer. – Stephan van Heerden



Ai tog. Vader, werk in die harte van bestuurders dat hulle met geduld sal bestuur. – Erna van Wyk



“Huispryse styg steeds, maar baie minder”:



Wonder dan net hoekom my huis in 4 jaar se tyd van oor die 3 miljoen geval het na 2,3 m. – Bernard Madelyn van Nieuwenhuizen

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer