Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
“Nam dollar en rand: Band nié in gevaar”:



Goeie nuus! SA is ons grootste handelsvennoot; hoe/waar kom mense aan die dwase gedagte dat Namibië se ekonomie sterk genoeg is om waarde aan die N$ te gee? – Anya S Links



“Bokomo eerste met GMO-aansoek”:



Dink nie die GMO's gaan baie goed afgaan met die Namibiese publiek nie. – Janti Cloete



­“Ouma vier 112 Kers­feeste”:



Baie geluk, Ouma, net jammer dit lyk of jy steeds in 'n sinkhuis bly. Indien dit so is, het jou mense en regering jou gefaal. – Dawie de Jager Snr



Baie geluk, ouma Martha. U is 'n voorbeeld vir ons om ons liggame op te pas en naby die Meester te bly. Familie, bederf haar, asb. – Christine Gordon



Baie geluk, ouma Martha. Sjoe, wat het daai twee oë nie als gesien nie? – Paul S Cloete



“Operasie Hornkranz”:



Hoop sigbare polisiëring word 'n permanente instelling. – MA Jacobs



Ek hoop die polisie kan meer op die strate rondloop en meer patrolleer. – Cecil September



Donderdag nie 'n enkele te sien die hele 370 km Swakop toe nie. – Mariette Ferreira Kraak



En vannag ná tweeuur geen polisie aan diens by die Yanni Savva-padblokkade nie. Soveel so dat almal dwarsdeur gery het en 1 km daarvandaan was die alombekende Beach Bash. – Sandra Snyman



“Onderwys: Grootste verandering in 25 jaar”:



Hulle maak dit al makliker vir die kinders en steeds sal hulle nie op standaard wees nie, want hoe? – Estelle Fraser



Any private school can consider remaining on the government's new curriculum or moving towards a sys­tem that will have the best outcome for their learners. Cambridge has several products to choose from - they are certainly worldwide leaders, with best international accreditation. With the (previous) NSSC curriculum, the content is very similar to programs more advanced, and better suited for our learners, which is certainly best for acceptance to SA and international tertiary institutions. – Colette Wiese Rieckert



Dit gaan nie vir ons werk nie, sal begin om ander opsies van onderrig te ondersoek sodat my seuns op 18 keuring by behoorlike universiteite kan kry. – Belinda Bruwer



Verstaan tog . . . Dit gaan geensins oor die papier wat jy in jou hand het nie. Dit gaan oor die ontwikkeling van jou brein vanaf maklike skoolwerk na meer en meer gevorderde skoolwerk. Die ontwikkeling van jou brein is onbeperk. Hoe meer, hoe beter vir jou werk en toekoms. – Gideon Kotze



Goeie idee, veral vir kinders wat probleme ondervind met konsentrasie of leer. Volgens sommige mense gaan dit net oor hul briljante genies. Alle kinders is nie dieselfde nie. – Christa Theart



Ek kan nie dink dat een jaar op higher genoeg tyd is om 'n kind van standaardvlak na (internasionale) universiteitsvlak te kry nie. Ek kan ook nie dink dat hul punte gedurende daardie gr. 12-jaar goed genoeg gaan wees vir toelating by 'n behoorlike universiteit nie. – Belinda Bruwer



“Vee vrek glo weens wanvoeding”:



Hoop hulle doen dit met Stampriet se bokke, beeste, perde en donkies ook. – Annette Visser-Labuschagne

Kommentaar

Republikein 2025-08-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer