Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
“Musiek teen die euwels”:



Meester en wonderwerker Jack Francis. – Retha-Louise Malherbe Hofmeyr



“Gesondheid: Gróót geld vir vyfjaarplan”:



39 Miljard???? Wha ha ha!!!! ­Psemas kan nou al skaars hul kliënte betaal!!!! Bloody disgrace! – James Pieters



Alles goed en wel. . . Maar wié gaan hierdie miljarde REG MANAGE! En wie gaan die sisteem en hospitaal INSTAND HOU??? – Chantal Blaauw



39 Miljard? China sal seker maar weer verby moet kom - met die geld - uithaal en wys. – Wessel Myburgh



“Berugte Clifford Fisch wéér vas­getrek”:



Die Oom laaik seker baie van skaaptjops en ribbertjies. – Chris Engels



Hoe kom hy elke keer los???? – ­Trudie Basson



My presiese vraag daardie. – ­Querita Hardnick



Wil tog ook weet, ASB!! Is ons regstelsel regtig so lomp? – Martha Gille-Strauss



“Tronk toe met Chiradza”:



Wil net weet hoe kom die hof uit op 3 jaar vonnis? Is mense se lewens dan niks meer werd in Namibië nie? Jy kry 'n strawwer vonnis om geld te steel. Mens kan nie die mense se lewens teruggee nie, maar my maggies man, strawwer vonnisse sal seker verhoed dat so iets weer gebeur? My hart gaan uit na die families wat hul geliefdes verloor het in die tragedie. – Monica Arista Klose



Skamele 3 jaar vir 3 lewens??? Dis tog pateties. . . Terwyl ander persoon 6 jaar kry oor hy geld gesteel het? That's Namibia for you. – Anna Kee Maldrid Tsowases



What is good for the goose is good for the gander. – Lorraine Coetzee



Hoe de koeksister kry hulle dit reg. . . Aikona! – Linda Scheepers



Sterkte Konrad. Dit was 'n baie tragiese gebeurtenis. Ek voel die hartseer saam met jou. – Herman Bampton



Nie lank genoeg nie!!!!!!! – Tina Becker



Drie jaar!!!! Maar ek weet uncle Con, ons dien 'n lewende god. Geregtigheid sal een of ander tyd seëvier. Alle sterkte aan my familie. – Dingles Swartz



Ons kan mekaar vrek maak en verkrag vir 4 jaar. Maar steel 'n bok en kry 15 jaar tronkstraf. Mense se lewens het geen waarde meer in die wet nie. – Wilhelmus Kempen Claassens



I lost my trust in Namibian courts. . . Dis daarom lat ek in my baan bly. – Hendrik Bam



Die saak moet hersien word en hy moet terug Zimbabwe toe gestuur word. – Gideon Kotze



Ek was in die hof vandag. Hy het soos al die dae wat die saak voorgekom het nie enige apologie aangeteken. Dit was my vrou, haar suster en my enigste seun Konrad jnr. – Konrad Louw



Oom Konrad, ek weet presies hoe jy voel oor mense wat wegkom met "moord". My pa is Augustus 2008 in Swakopmund vermoor en tot vandag is daai saak "dood", nie een skepsel wat tronk toe is nie. – Christine Niilenge



How does the punishment fit the crime??? – Zaida Kenesia Kurz

Kommentaar

Republikein 2025-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer