“Onrus broei oor Russiese grondbaron”:
Kan ek 'n vraag vra? Wil ons liewer iemand hê wat belê in meer en beter infrastruktuur of grond wat in klein stukkies opgebreek is en binne twee jaar soos 'n woestyn gaan lyk? Ek stem saam dat die transaksie deursigtig gedoen moes/moet word. Wat dink julle daarvan dat die regering liewers grondloses wat wil boer met groente, ens. help met opleiding in aquaponics? Benodig minder water en grond. Hier in Walvisbaai kweek 'n ou verskillende soorte blaarslaai op 'n stukkie so groot soos 'n dubbelgarage. Plaaslike winkelgroep koop alles wat hy produseer. – Gert Kruger
Ek dink dis 'n goeie plan. As hul nou die oorsese beleggers se grond vat, wie gaan hul daar hervestig? Honderd werkloses met 7 bokke? Daar is nog baie oorsese beleggers wat lodges en grond het. Hoekom maak ons nie soos Israel kibboetse waar mense kan werk en nog steeds voedsel kan verkoop nie. Nog 'n ding is hoe sien swart Namibiërs ons as wit Namibiërs? Ons oupas is hier gebore, ons pa's is hier gebore, ons is hier gebore, my kinders is hier gebore. Sien hul ons as Namibiërs of as uitlanders? Wanneer vat hul ons grond? Waar gaan ons heen? Europa gaan ons nie vat nie, Europa gaan ons nie geld gee nie, dan moet ons in plakkerskampe gaan sit? Wie gaan ons kos gee? Waar gaan ons heen, Namibië ná onafhanklikheid was goed vir ons. Ek bedoel dis nie 'n goeie plan om die oorsese beleggers se grond te vat nie. – Bloubul Wilhelm
Kyk, hierdie was strooi wat agter die gordyne plaasgevind het. Eers is gesê slegs 43 mil was betrokke nou is dit egter 106 mil. So go for it. Tyd dat hierdie skelmstreke agter die gordyn gestaak word. Ek steun hierdie opmars. Kyk, jy kan nie toelaat dat 'n buitelander vandag grond koop en môre wil jy grond van Namibiërs onteien nie. Wat de bleddie hel noem jy sulke aksies? – Wilfred Weise
Die mense wil vir Marula ook hê dat hy later soos Wyoming, Kansas en Vlakwater kan lyk. Daar is geen infrastruktuur meer oor nie, dis totaal afgebreek. – Kobus Vermeulen
As sy plaas beset word, is die pad mos oop om ander plase ook te beset. – Amelia Coomber

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie