Everitt hou by Haaie se wenspan
Rugby
Tinus van Staden - Sean Everitt het besluit om nie aan ’n wenspan te torring nie en het dieselfde 23-tal wat die Jaguares verlede week op Kingspark geklop het, vir môre se kragmeting teen die Stormers in Durban gekies.
Die Haaie se afrigter het op hul toer in Australasië ’n paar spelers laat rus ná goeie vertonings, maar wil duidelik nie enige kanse in dié groot Suid-Afrikaanse derby waag nie.
“Ek is baie tevrede met die span se bestendigheid,” het Everitt vandeesweek gesê.
“Dit is iets waaroor ons almal gepraat het en ons was openlik oor wat ons wil bereik wat dít betref.
“Die ouens het goed gespeel vir ses opeenvolgende weke. Hulle moet dit net nog vir twee weke doen, dan kan ons ’n blaaskans vat en daarna weer hard werk.”
Die Haaie speel volgende week teen die Chiefs, waarna hulle ’n loslootjie het.
Haaie: Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am (k), André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Curwin Bosch, Louis Schreuder, Sikhumbuzo Notshe, Tyler Paul, James Venter, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Kerron van Vuuren, Ox Nche. Reserwes: Craig Burden, Juan Schoeman, John-Hubert Meyer, Le Roux Roets, Henco Venter, Sanele Nohamba, Jeremy Ward, Madosh Tambwe. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie