Everest met liefde oorwin

Fietsry
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Twee Windhoekers, Henco Serdyn en Willie Junius, het onlangs ’n massiewe taak op hul fietse aangepak en in die proses geld vir Ronel en Sybrand de Beer se Legacy of Love-trust ingesamel.

Junius en Serdyn het onderskeidelik klimhoogtes van 10 051 en 8 900 m bereik tydens hul virtuele “Everesting”-uitdaging.

Hulle het die Saterdagoggend seweuur by die Grove-inkoopsentrum begin ry en die laaste ryer (Serdyn) was teen 22:24 klaar. Junius het sy taak binne 12 ure 50 minute teen gemiddeld 19.3 kilometer per uur kafgedraf. Die minder gesoute ryer Serdyn, tevore ’n Davisbeker-tennisspeler, het 15:24 geneem het om sy skof teen 14.2 km/h te voltooi.

Die Alpe du Zwift-roete van 12 kilometer en ’n hoogte van 1 000 m is die elektroniese weergawe van die berugte Alp d’Huez-pas wat fietsryers gedurende die jaarlikse Tour de France-fietstoer ry. Waar die professionele ryers dié pas slegs een keer takel, moes Junius en Serdyn die proses agt-en-’n-half keer herhaal.

Mannie Heymans van Mannie’s Bike Mecca het ingespring en die twee fietsryers met 50 sent geborg vir elke vertikale klimmeter. Sy steun vir die inisiatief het in die proses op ’n gewigtige skenking van N$9 475.50 neergekom.

Beide die ryers het meer as die hoogte van die berg behaal en ’n trofee is aan elkeen vir hul moeite gegee.

Serdyn vertel: “Ek het aan die begin van die jaar op www.strava.com gesien daar is mense in Kanada wat ryers soek om op 30 Januarie die virtuele Alpe du Zwift-roete te ry. Nadat ek seker meer as 100 ryers plaaslik gevra het en almal nee gesê het, het ek vir Willie gekontak. Hy het onmiddellik ingestem.

“Ons wou dit nie tuis of in ’n gimnasium doen nie en het besluit om die bestuur van die Grove-inkoopsentrum te nader. Middel Februarie het hulle die groen lig gegee en voorgestel ons betrek ’n borg.

“Ons het Mannie genader en hy het ingespring met 50 sent per meter. Anri Parker ry vir die Legacy of Love-fietsryspan en sy het voorgestel ons gebruik die geleentheid om geld vir hulle in te samel.

“Dit was werklik pret en die omgewing waarin ons dit kon doen, het baie gehelp. My bene was natuurlik vir die volgende paar ná die geleentheid baie seer!”

Junius het gesê: “Omrede ek ligter as Henco weeg en baie fiks is omdat ek kompeterend fietsry, kon ek my hoogte vinniger as hy bereik. Toe ek klaar was, het ek besluit om nie vir Henco alleen op sy fiets te los nie en saam met hom aangehou ry. Dit is die rede hoekom ek ’n hoër hoogte as hy bereik het.

“Die statiese binnenshuise oefenapparaat waarop ons die fietse vasmaak, is ’n fantastiese hulpmiddel en die Zwift-program boots elke moontlike situasie van ’n roete na. Dus is daar nie ’n manier hoe jy as ryer bulte en klimme gaan vryspring nie.

“Ons wil mense aanmoedig om dié metode te gebruik. Dit is ’n veilige manier om tuis te oefen terwyl jy steeds by die huis is.

“Buiten vir Mannie’s Bike Mecca se N$9 475.50 het ons in totaal N$15 000 vir Legacy of Love ingesamel.”

Sal hulle dit weer doen?

“Natuurlik sal ons dit weer doen. Ons is mal genoeg,” het die duo laat weet.

Sybrand de Beer sê: “Baie dankie Henco en Willie dat julle Legacy of Love gekies het om dit voor te doen. Baie dankie Mannie vir jou vrygewige donasie vir die saak.”

Junius en Serdyn bedank die bestuur van die Grove-inkoopsentrum, Mannie Heymans, Kosmos en die span van Legacy of Love wat die geleentheid ’n sukses help maak het.

Junius en Serdyn beplan om later vanjaar dieselfde inisiatief van stapel te stuur. Die idee is om ses weke voor die Nedbank Desert Dash-bergfietstoer van Windhoek na Swakopmund ’n groter uitdaging aan fietsryers te bied om vir die Dash voor te berei.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%