Eurowings bring méér toeriste na Namibië
Meer Duitse toeriste word verwag met Eurowings wat nou, afgesien van hul vlugte tussen Keulen en Windhoek, ook vlugte van München af aanbied. Daar is nou altesaam 12 vlugte weekliks van Duitsland af na Windhoek. Toeriste wat met Eurowings se eerste vlug van München af na Windhoek gevlieg het, is gisteroggend by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako op eg Namibiese manier hartlik verwelkom. Lees die berig op bl. 2. Foto Clemens von Alten
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie