EU steun San-bewaringsgebiede

Die Europese Unie het meer as N$9,6 miljoen vir die Nyae Nyae-ontwikkelingstigting bewillig.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die Nyae Nyae-ontwikkelingstigting van Namibië (NNDFN) het 'n toelaag van €649 390 (meer as N$9,6 miljoen) van die Europese Unie (EU) ontvang.

Dít ter ondersteuning van die Nyae Nyae- en Na Jaqna-bewaringsbiede.

Die EU se Klimaatsveranderingprogram maak sedert 2014 toelae aan Namibië beskikbaar sodat die bewaringsgebiede die impak van klimaatsverandering kan trotseer, wat verwoestende gevolge vir landelike randgemeenskappe kan inhou.

"Die Nyae Nyae- en Na Jaqna- San-gemeenskappe se opsies om ’n bestaan te maak, is beperk. Hulle maak staat op veldkos, jag, droogtehulp, en enkele salarisse en pensioentoelae wat enkele lede van die gemeenskap ontvang," sê me. Lara Diez, die NNDF se direkteur.

Die toelae van die EU fokus op die uitbreiding van maniere om ’n bestaan te maak en veral op die ontwikkeling van landbouprojekte soos groentetuine, bewaringslandboutegnieke, veebestuur, die oes van duiwelsklou en brandbestuur.

Dít saam met weidingsbestuur moet die impak van klimaatsverandering in hierdie gemeenskappe takel.

Die projek het daarin geslaag om voedselsekuriteit in nedersettings te verhoog en het mense aangemoedig om meer selfonderhoudend te wees.

Dit het 'n groter behoefte aan water veroorsaak en bykomende watertenks en sonpanele is deur die projek verskaf.

Daar is nou meer as 16 nedersettings met groentetuine en 12 nedersettings met vee, waarvan vier met nuwe veetroppe spog. Die gemeenskappe het meer insig in klimaatsverandering ná opleiding in brand- en weidingsbestuur om oorbeweiding te voorkom.

"Ons het nou 'n beter lewe as voorheen. Ons het nooit voorheen geweet hoe om ons beeste te bestuur nie," het me. Sarah Zungu, voorsitter van die Na Jaqna-bewaringsgebied, verlede week in Windhoek aan die EU se ambassadeur in Namibië, me. Jana Hybaskova, gesê.

"Danksy die projek het ons baie nuwe dinge geleer en ons deel dit met die ander gemeenskappe. As dit nie 'n goeie reënjaar is nie, dan is ons afhanklik van ons groentetuine. Ons het ook nou ons organisie se sertifikate vir duiwelsklou."

Die voorsitter van die Nyae Nyae-bewaringsgebied, me. Xoa//an /Ailae, het gesê: "Ons het ondersteuning van die EU op die gebiede van weidingsbestuur, groenteverbouing, brandbestuur en watertenke ontvang. Ons het oor wisselbou geleer en verkoop selfs van ons soetpatats."

/Ailae is dankbaar dat Hybaskova hulle op voetsoolvlak besoek het. Die EU-ambassadeur gaan die Noordooste weer besoek om haar van die EU-projekte daar te vergewis.

"Die ondersteuning wat ons van die EU ontvang het, is presies wat ons nodig gehad het," het /Ailae gesê.

Met die EU se finansiering wat tot 'n einde kom, het die NNDFN nog fondse van skenkers vir die toekoms verseker.

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° #N/A #N/A