EU en Rooikruis werk saam
EU en Rooikruis werk saam

EU en Rooikruis werk saam

Die Europese Unie (EU) gaan Namibië help om die negatiewe impak van klimaatverandering op landelike gemeenskappe te verlig.
Estelle de Bruyn
Die Namibiese Rooikruisver­eniging, in vennootskap met die Spaanse Rooikruisvereni­ging, sal met die hulp van die EU 'n projek implementeer.

Die projek is getiteld “Die bevordering van hernubare energie om die gevolge van klimaatverandering in Namibië te verlig”.

Dit sal oor twee jaar strek en kom in Februarie 2019 tot 'n einde.

Altesaam €498 810 (nagenoeg N$7 232 745) is daarvoor bewillig. Die EU finansier 80% van die projek en die Spaanse Rooikruisvereniging 20%. Die projek beoog om die impak van klimaatverandering op veral landelike gemeenskappe te verlig deur hernubare energie en energiedoeltreffende tegnologie in 10 landelike gemeenskappe te bevorder. Dié 10 gemeenskappe is in die Kavango-Oos-, Kavango-Wes- en die Zambezi­streek geleë.

'n Bewusmakingsveldtog oor die voordele van hernubare energie en energiedoeltreffende tegnologie sal van stapel gestuur word.

Pompstelsels wat met sonkrag werk en vir landbouproduksie aangewend kan word, sal geïnstalleer word.

Dit sal help om water vir ­drupbesproeiingstelsels volhoubaar te benut.

Die gebruik van sonkrag vir beligting in woonplekke, asook die benutting van verbeterde energiedoeltreffende stowe vir kookdoeleindes, sal bevorder word.

Namibië word as weerloos teen die impak van klimaatverandering beskou vanweë die land se geografiese ligging, die wisselende weerpatrone en verskeie sosioekonomiese faktore.

Afgesien hiervan is Namibië nie in staat daartoe om genoeg elektrisiteit op te wek om in die land se behoeftes te voorsien nie. Byna 60% van die land se krag word van lande elders in die streek ingevoer.

Die meeste van dié krag word met behulp van fossielbrandstowwe opgewek.

Volgens die Rooikruisvereniging hou hierdie energie-afhanklikheid duidelike nadele vir Namibië in.

Om dit te verminder en die gevolge van klimaatverandering die hoof te bied, gee die regering voorkeur hieraan. Die fokus val veral op die opwekking van skoon en hernubare energie.

Klimaatverandering is ook vir die Europese Unie 'n prioriteit.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A