EU bereik ooreenkoms oor migrantekrisis
Ineenstorting afgeweer
Volgens ’n verklaring van die Europese Raad sal daar ook gekyk word na die oprigting van migrantesentrums in lande buite Europa.
Die leiers van die Europese Unie (EU) het uiteindelik ’n ooreenkoms bereik oor die EU se migrantekrisis nadat marathon-gesprekke in Brussel gehou is oor die eise van Italië vir meer hulp met die krisis.
’n Ooreenkoms is bereik ná ses ure se “chaotiese” gesprekke oor migrasie, berig Express.
Die leiers van die EU het die ineenstorting van ’n belangrike beraad afgeweer met ’n ooreenkoms wat in Vrydag se vroeë oggendure oor migrasie bereik is. Dit behels onder meer die ewerediger hervestiging van vlugtelinge onder die lidlande van die EU.

Italië het gedreig om ’n ooreenkoms op die beraad te boikot as migrasie nie bespreek word nie, het ’n diplomaat Donderdag aan CNN gesê. Die vergadering van die Europese leiers, wat eintlik oor Brexit moes handel, is oorheers deur die kwessie van hoe om die aankoms van bote met desperate immigrante daarop te hanteer, berig CNN.
GESAMENTLIKE VERKLARING
Donald Tusk, voorsitter van die Europese Raad, het getwiet dat leiers ooreengekom het op ’n gesamentlike verklaring van die EU28-beraad, wat ’n ooreenkoms oor migrasie insluit.
Luidens Express het diplomate gesê die leiers het ooreengekom op ’n “vae konsep” dat lidlande ’n gesamentlike proses vir asielsoekers moet opstel en die beweging van migrante binne Europa moet beperk.
Sebastian Kurz, Oostenrykse kanselier, sê die EU-leiers het ook daarop ooreengekom dat Italië en Griekeland sentrums vir migrante in hul eie lande kan vestig, as hulle sou wou.
In ’n verklaring sê die Raad hy het daartoe ingestem om ’n “omvattende benadering tot migrasie te volg wat die effektiewer beheer oor die buitegrense van die EU insluit, in ooreenstemming met ons beginsels en waardes,” berig CNN.
Groter steun sal ook aan Italië en ander Mediterreense lande gebied word, en “die optrede teen smokkelaars wat vanuit Libië of elders werk, moet verder versterk word”. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie