Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud
Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.
Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur van die Geologiese Opname, sê die episentrum van die aardbewing was sowat 28 km noord van die Halali-ruskamp.
Dit is deur agt seismiese stasies van die Namibiese Seismologiese Netwerk aangeteken. Die stasies is by Tsumeb, Kamajab, Rundu, Gobabis, Kribib, Aus en Ariamsvlei geleë.
Volgens Simubali het die aardbewing op ’n diepte van minder as 10 km onder die aardkors voorgekom.

Foto: Argief

Kommentaar

Republikein 2025-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer