Etosha-reëls wéér gebreek
Tanja Bause - Dié foto is verlede week in die Etosha Nasionale Park geneem.
Toeriste het die park se reëls weer eens verontagsaam toe hulle op hul voertuig se dak geklim het.
“Daar was ’n groot trop leeus wat baie na aan die pad was. Die toeriste het op die dak geklim om beter foto’s te kan neem, en is geensins deur die bestuurder en toergids gekeer nie,” het die fotograaf gesê.
Op 24 Julie het Republikein ook foto’s gepubliseer van toeriste wat hul voertuie verlaat het.
“Toeriste wat uit hulle voertuie klim en op die voertuie se dakke sit, is amper ’n daaglikse gesig in die park,” het die man gesê.
Die parkreëls stel onomwonde dat besoekers te alle tye in hul voertuie moet bly, tensy hulle in duidelik afgebakende gebiede is.
“Moenie die voertuig se deure oopmaak of by vensters of sondakke uitleun, of op die voertuig se dak klim om beter te kan sien nie,” lees die reëls.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie