Etosha-heining herontwerp
Slegs 120 km van die totale omheining van 840 km van Namibië se vlagskippark is voltooi.
Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme gaan die huidige ontwerp van die Etosha Nasionale Park se heining hersien om die boukoste daarvan te verminder.
Volgens 'n mediaverklaring van die ministerie is die ontwerp van die roofdier- en olifantbestande heining waaraan die afgelope 10 jaar gewerk is, se boukoste te hoog.
"Die ministerie het dus besluit om die huidige ontwerp se heiningspesifikasies te verwerp. Slegs 120 km van die totale heining van 840 km is voltooi. Dus moet nóg 720 km voltooi word," het mnr. Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, gesê.
"Die ministerie het besluit om 'n alternatiewe, goedkoper ontwerp te vind sonder om die gehalte en effektiwiteit van die heining aan bande te lê. Ons het verskeie heinings op private plase en wildreservate in Namibië en Suid-Afrika waargeneem waar grootwild soos renosters, olifante, leeus, buffels en hiënas is om 'n geskikte ontwerp te vind."
Muyunda sê ná deeglike oorweging het die ministerie besluit om 'n ontwerp te ontwikkel wat spesifikasies van al die plekke insluit en dat 'n eenvoudiger heining sowat N$240 000 per km of minder kan kos – boumateriaal en arbeid ingesluit.
"Soos met enige ander projek sal konsulstante ('n projekspan) aangestel word om die nuwe ontwerp, die koste en dokumentasie te ontwikkel en toesig te hou," sê Muyunda.
Hy sê die beraamde bedrag moet nog bevestig word sodra 'n lewensvatbaarheidstudie op die nuwe heining uitgevoer word.
"Etosha is Namibië se vlagskippark en dus is dit in ons belang dat die heining voltooi word om natuurbewaring in die park te bevorder. Die heining sal help om wildstropery en mens-dier-konflik-gevalle te verminder, wat die hoogte ingeskiet het weens die heining se swak toestand."
Muyunda sê enige bewerings dat individuele personeellede van die ministerie op korrupte wyse voordeel uit die bou van die heining getrek het, word verwerp en veroordeel.
"Ongegronde aannames weerhou ons daarvan om aandag aan ware kwessies te gee," sê die woordvoerder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie