Etosha Fishing verkoop beursnetvloot

15 April 2019 | Visserye
Etosha Fishing gaan sy drie beursnetbote verkoop wat vir sardynvangste gebruik word.

Dit sal meebring dat 19 werknemers afgelê moet word.

Dié aankondiging is Donderdag in ‘n verklaring gemaak.

Die vismaatskappy sê swak vangste in buitelandse viswaters het tot die besluit gelei om die Prowess, Advance en Morgenster te verkoop.

Die plaaslike verbod van drie jaar op sardynvangste wat in 2018 ingestel is, het Etosha Fishing gedwing om sy beursnetbote in die Angolese en ander viswaters te ontplooi in ‘n poging om die bedryfskoste daarvan te verhaal en die bemanning in diens te hou, sê die maatskappy in sy verklaring.

Volgens die waarnemende besturende direkteur, me. Nezette Beukes, was die vangste in dié gebiede te min om die koste van die ontplooing te regverdig, en is die finansiële druk verhoog.

“Ons het geen ander keuse nie as om ons beursnetbote te verkoop, wat beteken dat ons nie verder in die posisie is om die bemanning in diens te hou nie,” sê sy.

Van die bemanning wat geraak word, is netwerkers.

Onderhandelinge het reeds in Januarie met die erkende vakbond, die Namibiese Unie vir See- en Verwante Werkers (Nasawu), begin en ‘n amptelike kennisgewing oor die voorneme is ook aan die kantoor van die arbeidskommissaris gestuur.

“Alle werknemers wat geraak word, is reeds in Desember 2018 oor die moontlike afleggings ingelig. Ons wou seker maak dat ons werknemers van die begin is goed ingelig is oor die proses om enige onsekerheid te voorkom en om deursigtigheid te verseker,” sê Beukes.

Nasawu se visepresident, mnr. Epson Kavekuire, wat die onderhandelinge namens die bemanningslede voer, sê die vakbond is gekant teen werksverliese, maar begryp die moeilike posisie waarin Etosha Fishing hom bevind.

“As hulle nie vis vang nie, kan hulle nie werk verskaf nie.”

Hy het sy tevredenheid uitgespreek met die wyse waarop die onderhandelinge gevoer is.

Etosha Fishing bedryf nog een boot, die Iona, wat verlede jaar teen hoë koste in ‘n verkoelingsvaartuig (RSW) omskep is. Dit word gebruik om in die Namibiese viswaters maasbanker te vang wat by die maatskappy se aanleg op Walvisbaai verwerk en geblik word.

In reaksie op die tanende sardynbronne in Namibië, het Etosha Fishing sedert 2010 gevriesde sardyne vir plaaslike verwerking ingevoer. Dit is gedoen in ‘n poging om werksgeleenthede by die inmaakfabriek te behou.

Dié maatskappy bedryf die oudste inmaakfabriek in Namibië en het tans 44 permanente en digby 550 seisoenwerkers in diens. Die ruggraat ban die bedryf oor die jare wat die inmaak van sardine vir sleutelhandelsmerke soos Lucky Star en Glenryck SA.



Sedert 2013 verwerk en blik Etosha Fishing oor maasbanker vir sy eie produkreeks, EFUTA Maasbanker. Nagenoeg 5 miljoen blikkies word jaarliks verkoop.

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

22 ure gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

22 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

22 ure gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

22 ure gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

22 ure gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

22 ure gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

22 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

22 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...