Ethiopiese betogings ver van verby
Ethiopiese betogings ver van verby

Ethiopiese betogings ver van verby

Meer as 100 sterf in naweek se onluste
Estelle de Bruyn
Betogings in Ethiopië het in November 2015 in die Oromia-streek begin wat die hoofstad omring. Planne van die regering om die grense van Addis Abeba uit te brei, het aanleiding tot die protes gegee.
Die streek se Oromo-bevolking het gevrees dat hul plaasgrond onteien sou word. Ondanks die feit dat die regering hierdie planne laat vaar het en die betogings met geweld onderdruk het, het hulle die woede onderskat wat dit uitgelok het.
Betogings het sedertdien na ander dele van Oromia versprei, en meer onlangs ook na die noordelike Amhara-streek uitgebrei. Dit het onmin in regeringsgeledere van dié sleutel Amerikaanse bondgenoot en belangrike vennoot in Oos-Afrika se stryd teen terrorisme, laat ontstaan.
“Sedert hulle aan bewind gekom het, het die regime nog nooit so ’n slegte belewenis gehad nie. Ethiopië lyk soos ’n vliegtuig wat ’n sone van uiterste turbulensie beleef,” het ’n onafhanklike navorser, Rene Lafort, gesê.
Ondanks wat hy as ’n “staat van beleg” op die Oromia-streek beskryf, het die opstand in onlangse weke geen teken van afname getoon nie en betogers daag toenemend openlik die regering uit.
Een vergadering is selfs Saterdag in Addis Abeba gehou, ’n rare gebeurtenis in die magsetel van die land. Die Ethiopiese regering word onder die mees onderdrukkende in Afrika geag.
Meer as 140 mense is dood toe veiligheidsmagte die aanvanklike Oromia-grondbetogings onderdruk het. Menseregtegroepe het berig van mense wat voor die voet doodgeskiet is en ander wat gemartel is.
In die jongste optrede die naweek is, volgens Amnestie Internasionaal, meer as 100 mense dood. Die veiligheidsmagte het volgens berigte met lewendige ammunisie op die skare gevuur.
“Die krisis is sistemies, omdat dit die fondamente van ’n regeringsmodel skud wat 25 jaar gelede in werking gestel is en wat outoritêr en gesentraliseer is,” het Lafort verduidelik.
Die betogers het verskillende griewe, maar is verenig in hul ontevredenheid met die land se leiers, wat meestal uit die noordelike Tigray-streek kom en minder as tien persent van die bevolking verteenwoordig.
Die eerste minister, Hailemariam Desalegn, staan aan die hoof van die Ethio­pian People's Revolutionary Democratic Front (EPRDF), wat in die verkiesings verlede jaar al die setels in die parlement gewen het.
Al kom hy van die Wolayta-minderheidsgroep, is hy in die regering omring deur Tigriërs wat ook die veiligheidsmagte en posisies van ekonomiese mag domineer.
Prof. Getachew Metaferia, ’n hoogleraar in politieke wetenskap aan die Morgan State University in Amerika, beskryf die toedrag van sake as ’n staat wat deur ’n etniese minderheid beheer word en hul wil op die meerderheid afdwing. Volgens hom is dit ’n noodsaaklike faktor om begrip vir die betogings te kry.
Meer as 60 persent van die land se nagenoeg 100 miljoen mense is óf Amhara óf Oromo.
“Daar is geen fundamentele bespreking met die mense nie, geen dialoog nie en die vlakke van frustrasie is aan die oplaai. Ek dink nie dinge sal na normaal terugkeer nie,” het die professor gesê.
Die land se leiers het daarin geslaag om verbysterende ekonomiese groei en ’n vinnig verbeterde gesondheidsbedeling te vestig, wat die beeld van die land aansienlik van die hongersnoodgeteisterde land van die 1980’s verander het.
Die houvas op burgerlike vryhede het egter verstewig. Ethiopië is nommer 142 uit 180 lande in vanjaar se Verslaggewers Sonder Grense se persvryheid-indeks.
Ná die omverwerping van die diktator, Mengistu Haile Mariam in 1991, het Meles Zenawi met ’n ystervuis tot sy dood in 2012 geregeer waarna Hailemariam die leisels oorgeneem het.
- Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.79/OZ UP +0.25% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.21% | Zinc US$ 2 978.50/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP DOWN -0.0013 | Platinum US$ 1 058.22/OZ DOWN -0.0032 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.79/OZ UP +0.25% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.21% | Zinc US$ 2 978.50/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP DOWN -0.0013 | Platinum US$ 1 058.22/OZ DOWN -0.0032