Ethiopian Airlines gee Zambië weer vlerke
Waarskynlik die suksesvolste lugredery in Afrika het 'n helpende hand na Zambië uitgesteek om dié se lugredery weer van die grond af te kry.
Ethiopië se nasionale lugredery, Ethiopian Airlines (ET), het aangekondig dat 'n ooreenkoms vir aandeelhouding met die regering van Zambië gefinaliseer is om Zambia Airways weer in die lug te kry.
Zambië het sedert 1994, toe Zambia Airways gelikwideer is, nie 'n nasionale lugredery nie.
Tewolde Gebremariam, die hoofbestuurder van ET, sê die herbekendstelling van Zambia Airways sal die reisende publiek in Zambië en die Suider-Afrikaanse streek in staat stel om wyer toegang en skakeling met die buitewêreld te geniet.
Hy sê die ooreenkoms sal die vloei van beleggings, handel en toerisme fasiliteer, en bydra tot die sosioëkonomiese groei van die land en die streek.
ET verwag dat die lugredery aanvanklik net nasionale en streeksbestemmings sal bedien voordat met internasionale vlugte begin word.
Die verwagte begroting vir die eerste jaar is US$30 miljoen en die redery sal reeds vanjaar met sy werksaamhede begin.
Die Zambiese regering sal 55% van die aandele in die lugredery besit en ET 45% .
Ethiopian Airlines bestuur ook Malawi Airlines en ASKY Airlines in Wes-Afrika.
– Nampa/Xinhua

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie