Eskom stoei steeds om ligte aan te hou
Hoewel beurtkrag meer as twee weke laas nodig was, voer Eskom steeds ’n opdraande stryd om die land se ligte aangeskakel te hou.
Sy gebrek aan opwekkingsvermoë was Woensdagoggend steeds kommerwekkend hoog op 12 620 MW.
Dit is heelwat meer as die 9 500 MW-kerf waarop Eskom daagliks hoop om sy gebrek aan opwekkingsvermoë te verminder.
In sy gebruiklike verklaring oor die stand van die kragnetwerk sê Eskom sy dieselkragopwekkers is steeds al wat tussen Suid-Afrikaners en beurtkrag staan.
Die kragreus spook egter om sy “verouderde opwekkingseenhede” spoedig genoeg te herstel. Hy het vroeër vandeesweek ook laat val dat hy nie onbeperk op sy dieselkragopwekkers kan steun nie, kwansuis omrede dit ongelooflik duur is om te gebruik.
Dit kos Eskom sowat R700 000 in diesel per uur om sy twee dieselkragopwekkers – een by Atlantis en die ander naby Mosselbaai – te gebruik.
Nietemin bly die vooruitsig vir beurtkrag vandag laag.
Suid-Afrikaners word ook opnuut gevra om elektrisiteit spaarsamig te gebruik en veral lugverkoelingstelsels tot ’n gemiddelde temperatuur van 23 grade te stel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie