Eskom se geldplanne veilig
Eskom se geldplanne veilig

Eskom se geldplanne veilig

Negatiwiteit belemmer private beleggings
Estelle de Bruyn
Futuregrowth‚ Afrika se se grootste private vaste-inkomste­geldbestuurder, het onlangs aangekondig hy staak weens kommer oor die bestuur van die ondernemings, nuwe lenings aan Eskom‚ Transnet, Sanral‚ die Landbank en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK).
BMI grond sy gevolgtrekkings daarop dat Eskom reeds meer as die helfte van die finansiering wat hy vir die lopende boekjaar nodig het, bekom het, terwyl Futuregrowth skaars vir 1,25% van Transnet se leningsboek pa staan.
Futuregrowth se besluit en dié van Jyske Bank wat ’n soortgelyke besluit geneem het, is desondanks verontrustend omdat dit aanduidend is van “die mate waarin sake­vertroue in Suid-Afrika geskaad is en indien dit ander noop om die (Futuregrowth) voorbeeld te volg”.
Rand Merchant Bank en die Buro vir Ekonomiese Narvorsing se indeks vir sakevertroue het in die derde kwartaal effens herstel, maar is op 42 punte nog beduidend onder die vlak van 50 punte wat die skeidslyn is tussen positiewe en negatiewe sentiment.
Dié negatiwiteit belemmer broodnodige private beleggings in onder meer infrastruktuurontwikkeling, sê BMI. - Netwerk24/BFA Inet

Kommentaar

Republikein 2025-06-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer