Eskom glo hy stel Moody's tevrede
''Beduidende ommekeer'' in ses maande
Die Suid-Afrikaanse kragvoorsiener sê sy sleutel- finansiële betrekkinge het in geheel in dié tydperk verbeter teenoor dieselfde tyd die vorige jaar.
Eskom reken dit het, buiten vir meer kontrakte met onafhanklike kragprodusente, die meeste bekommernisse bygelê wat Moody’s in September oor sy kerngesondheid geopper het.
Moody’s het dit onder meer op 10 September in ’n verklaring gestel dat Eskom se finansiële verhoudingsgetalle “baie swak” bly weens sy stygende operasionele koste – hoofsaaklik die gevolg van hoër primêre energiekoste, meer (en duur) ooreenkomste met onafhanklike produsente en sy yslike kapitaalbestedingsprogram.
Eskom sê in ’n verklaring wat Donderdag uitgereik is, hy het ’n beduidende ommekeer bewerkstellig in die ses maande tot 30 September wat Moody’s se kommer “voldoende bylê”.
Sy sleutel- finansiële betrekkinge het in geheel in dié tydperk verbeter teenoor dieselfde tyd die vorige jaar.
Sy inkomste het met 10,5% tot R97,1 miljard verbeter terwyl ebitda (verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie) skerp met 23% tot R31,5 miljard toegeneem het – gesterk deur ’n toename van 31,6% in kragverkope aan naburige lande. Sy kragverkope het in geheel met 1,2% toegeneem.
Sy likiditeit het ook aansienlik verbeter met 81,6% van R24,1 miljard ’n jaar gelede tot R43,8 miljard.
In geheel is 86% van die finansiering wat hy vir 2016-’17 benodig reeds bekom, asook 28% van dit wat in 2017-’18 nodig is.
“Die groep het toegang tot voldoende bronne en leningsgeriewe en is vir die afsienbare toekoms ’n lopende onderneming.
“Ons kostebeheerstrategie dra ook nou vrugte. Vir dié tydperk het primêre energiekoste met 1,5% tot R40,4 miljard afgeneem, vergeleke met ’n gemiddelde toename van 18,8% oor die afgelope vyf boekjare. Daarmee is ’n negatiewe tendens omgekeer.
“Daarby is in geheel 1 793 MW se opwekkingsvermoë in bedryf gestel met Ingula se eenhede 1, 2 en 4, asook Medupi se eenheid 5,” lui die verklaring.
Dit het Eskom in staat gestel om beurtkrag vir 15 maande te vermy.
“Eskom het al Moody’s se bekommernisse bygelê, buiten die een oor meer ooreenkomste met onafhanklike kragverskaffers,” sluit die verklaring af. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie