Esau en skoonseun bly in tjoekie

Borgtog geweier

23 July 2020 | Misdaad
Jemima Beukes – Landdros Duard Kesslau het gister in die Windhoek-landdroshof gesê die oudminister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, en sy skoonseun, mnr. Tamson Hatuikulipi, het die hof met meer vrae as ­antwoorde gelaat.

Dít kom nadat hulle hul nie tydens hul formele aansoek om borgtog aan kruisondervraging laat onderwerp het nie. Kesslau het die mans se aansoek om borgtog van die hand gewys.

Die tweetal is deur mnr. Richard Metcalfe verteenwoordig met bystand deur mnr. Florian Beukes.

Kesslau het Metcalfe se betoog verwerp dat beweerde oortreders van witboordjiemisdaad altyd op borgtog vrygelaat moet word. Volgens hom is dit juis hoekom die publiek vertroue in die regstelsel verloor het.

“Dit is absoluut nie 'n boodskap wat dié hof wil uitdra nie. Derhalwe bevind ek daar is geldige gronde om borgtog te weier.” Maar, het Kesslau gesê, die hof sal nie 'n onskuldige mens in aanhouding hou sonder dat die staat 'n sterk saak het nie.

Ernstige klagte

Volgens die landdros staar 'n reeks ernstige klagte, waarby openbare fondse soos nog nooit vantevore in 'n strafsaak in Namibië betrokke was nie, die mans in die gesig. Kesslau het bygevoeg die be­skuldigdes het na bewering almal 'n rol vertolk in die omkoopskema – wat na bewering met Esau begin het sonder wie dit nie moontlik sou wees nie.

Die landdros het gesê Esau het na bewering sy rol as oudminister vir dié doel ingespan. Volgens Kesslau het Esau en sy skoonseun se weiering om aan kruisondervraging onderwerp te word, talle vrae onbeantwoord gelaat.

Die landdros het gesê ofskoon beëdigde verklarings tydens ­dringende aansoeke gebruik word om tyd te bespaar, het die tweetal genoeg tyd gehad om vrae tydens kruisondervraging te beantwoord sodat die hof meer insae kon kry. Hy meen die mans het vrae om te beantwoord veral rondom onduidelike oordragte van geld.

Die hof is nie oortuig hulle sal nie óf op die vlug slaan óf met die ondersoek inmeng nie.

Hulle word van die grootskaalse plundering van Namibiese ­viskwotas ten bedrae van etlike miljoene Namibiese dollar beskuldig.– [email protected]

Soortgelyk

 

Net 19 nuwe Covid-19-gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê uit 967 weefselmonsters wat getoets is, het 19 positief vir Covid-19 getoets. Hiervan is...

Min kans vir vlieg na SA

16 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

16 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

16 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

16 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

16 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

16 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

16 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...