Eros-skoolbus in ongeluk in Suid-Afrika
‘n Skoolbus van die Eros Primêre Skool in Windhoek was gister in ‘n ongeluk in Hartenbos in Suid-Afrika.
‘n Toer vir graad 7-leerlinge moes kortgeknip word toe die bus, gelukkig sonder enige passasiers, in ‘n vallei beland het.
Die direkteur van onderwys, kuns en kultuur, mnr. Gerard Vries, sê die skoolbus was teen ‘n steil helling geparkeer en die handrem was nie behoorlik opgetrek nie.
“Die leë bus het agteruit teen die helling afgeloop en in die vallei beland,” het Vries gesê.
Hy sê die ministerie is besig om te reël dat die kinders betyds terug in Windhoek is voor die begin van die derde skooltermyn Maandag.
- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie